1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - The unexpressed terms of a contract

Volume 17, Issue 3
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

Wanneer partye 'n skriftelike kontrak sluit, is daar onvermydelik veel wat nie uitgedruk word nie. Die aard en omvang van die onuitgedrukte bedinge in 'n kontrak is deur die hoogste hof van appèl in die <i>Seven Eleven</i>-saak oorweeg. Die hof onderskei tussen stilswyende bedinge en inbegrepe bedinge. Eersgenoemde is volgens die hof gegrond op die werklike of vermeende bedoeling van die partye, terwyl inbegrepe bedinge van regsweë in 'n kontrak ingelees word. Die hof steun egter vir hierdie standpunt op gesag waar Engelsregtelike bronne verkeerd aangehaal en uitgelê is. Wat die hof gevolglik nie insien nie, is dat daar nie twee nie, maar drie soorte onuitgedrukte bedinge in 'n kontrak kan voorkom, naamlik stilswyende bedinge wat op die onuitgedrukte ware bedoeling van die partye gegrond is; inbegrepe bedinge, wat op die vermeende bedoeling van die partye soos gemeet aan die sogenaamde ''omstander toets'' gegrond is; en insidentele bedinge wat van regsweë in bepaalde benoemde kontrakte ingelees word.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/17/3/EJC54599
2006-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error