1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - The National Council of Provinces and provincial intervention in local government

Volume 18, Issue 1
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

Artikel 139 van die Grondwet magtig provinsiale owerhede om in te gryp indien munisipaliteite nie hul grondwetlike pligte nakom nie. Uit respek vir die grondwetlike status van munisipaliteite het die Grondwet aanvanklik die bevoegdheid om in te gryp beperk deur te vereis dat die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) sodanige stap goedkeur. Grondwetlike wysigings in 2003 het die bevoegdheid om in te gryp vergroot maar die kontrole-funksie van die NRVP verminder. Nietemin behou die NRVP 'n belangrike waghondfunksie. Hierdie artikel beskryf die wyse waarop die NRVP die kontroleplig opgelê deur artikel 139 van die Grondwet in die praktyk nagekom het, en evalueer die pogings van die NRVP om op hoogte te bly van munisipale prestasie, die NRVP se proses om die geldigheid van ingryping te beoordeel, en die NRVP se goedkeuringsproses. Dit wek ernstige kommer dat die NRVP-proses waarvolgens ingryping goedgekeur word nie die provinsiale wetgewers behoorlik betrek nie. Die artikel dui voorts daarop die NRVP suksesvol 'n dubbele rol ingevolge artikel 139 vervul, deurdat dit sowel die verhouding tussen regeringstrukture bevorder, as die integriteit van die provinsies en munisipalitate beskerm. Laastens word daarop gedui dat, weens politieke redes en die omvang van probleme in munisipale regering, die formele ingrypingsproses toenemend deur "informele" ingrypings vervang word. Hierdie ingrypings is nie onderhewig aan oorsig deur die NRVP nie, alhoewel 'n behoorlike uitleg van die Grondwet daarop dui dat dit wel dit geval moet wees.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/18/1/EJC54618
2007-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error