1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Advancing social change : recent human rights developments in South Africa

Volume 2003, Issue 3
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Die jaar 1994 verteenwoordig vir Suid-Afrika nie net 'n fundamentele breuk met die apartheidverlede nie; dit beteken 'n nuwe begin gebaseer op 'n nie-rassige demokratiese stelsel, 'n oppermagtige grondwet en 'n gevorderde stel afdwingbare en beregbare menseregte. Hierdie artikel verskaf 'n oorsig van menseregte-ontwikkelinge oor die afgelope agt jaar en eindig met 'n voorlopige waardering van die impak wat die handves van menseregte op sosiale verandering het. Die waardering word gemaak met verwysing na 'n aantal geselekteerde onderwerpe soos die gelykheidsbeginsel (met spesifieke verwysing na geslagsgelykheid, seksuele oriëntasie, HIV-status en regstellende aksie), menswaardigheid, vryheid en sekuriteit van die persoon, strafreg en strafprosesreg, sosiale en ekonomiese regte (met spesifieke verwysing na gesondheidsorg en behuising), grondhervorming en administratiewe geregtigheid.
Sekere onopgeloste vraagstukke ter syde, is die gevolgtrekking aan die hand van die voorbeelde wat in die bydrae bespreek word, dat die handves van regte sosiale verandering op betekenisvolle wyse beïnvloed. Die inkrementele toepassing van menseregte bevorder die proses van vreedsame verandering en het 'n liberaliserende effek. Die samelewing word oper, gelyker en regverdiger. Die ongelykhede van die verlede word uitgefaseer en die geleenthede vir die voorheen benadeelde deel van die bevolking neem toe. Dit is egter te vroeg om finale gevolgtrekkings te maak. Wat wel met vertroue verklaar kan word, is dat baie al verander het en dat nog baie verandering op Suid-Afrika wag. Die hoop word uitgespreek dat die vreedsame wyse waarop Suid-Afrikaners apartheid oorkom het, verdere sukses beloof op die pad na 'n ware demokratiese samelewing waarin menseregte gerespekteer, beskerm en verwesenlik word.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2003/3/EJC54856
2003-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error