1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Medical therapeutic privilege, a separate and independent defence ?

Volume 2004, Issue 3
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Terapeutiese privilegie is 'n verweer ingevolge waarvan die geneesheer inligting van 'n pasiënt kan weerhou indien die bekendmaking van die inligting die pasiënt kan benadeel. In hierdie artikel word daar gekyk na die vraag of terapeutiese privilegie 'n afsonderlike verweer daarstel, en of dié verweer eerder onder enige ander bekende verweer - noodweer en negotiorum gestio in die besonder- tuisgebring kan word. maak nie voorsiening vir die tipiese geval van terapeutiese privilegie nie aangesien die verweer vereis dat die pasiënt nie in staat moes gewees het om sy of haar toestemming te verleen nie. Die argument dat nie ter sprake kom in die konteks van terapeutiese privilegie nie omdat dit nie as 'n verweer geld wanneer daar teen die pasiënt se wil opgetree word nie, word verwerp in die lig van die beslissing in . Aan die ander kant verleen die verweer van noodtoestand nie voldoende beskerming aan die pasiënt se outonomie oftewel selfbeskikkingsreg nie. Daar word aan die hand gedoen dat die verweer van terapeutiese privilegie aan al die vereistes vir die verweer van noodtoestand moet voldoen. Verder behoort dit, net soos in die geval van , nie moontlik te wees om suksesvol op die verweer van terapeutiese privilegie te steun nie indien mediese behandeling teen die pasiënt se wil geskied, of indien die geneesheer rede het om te glo (of weet) dat die pasiënt 'n mediese ingreep sal weier indien hy of sy behoorlik ingelig sou word.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2004/3/EJC54918
2004-01-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error