1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The indigenous Swazi law of court procedure : a restatement

Volume 2005, Issue 2
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Twee tipes inheemse Swazi howe kan onderskei word, naamlik die familiehof en die hof van die tradisionele leier. Die familiehof bereg private aangeleenthede tussen familielede (private hof), terwyl die hof van die tradisionele leier funksioneer as 'n publieke hof. Daar kan van die hof van die tradisionele leier na die hof van die koning geappelleer word. Regsverteenwoordiging ontbreek in alle gevalle. 'n Party behartig self sy saak en word in die hof deur senior familielede bygestaan.
Alle verrigtinge geskied mondelings en verhore vind in die openbaar plaas. Enige volwasse man mag 'n hofsitting bywoon, terwyl vroue en kinders teenwoordig mag wees wanneer hulle by 'n saak betrokke is.
Die verjaring van 'n skuld of 'n eis is aan die Swazi-reg onbekend. 'n Eis wat op 'n onregmatige daad gebaseer is, moet egter sonder versuim by die dader se groep aangemeld word.
Wanneer 'n handeling 'n misdaad en ook 'n onregmatige daad daarstel, word die twee aangeleenthede in één saak afgehandel. 'n Terminologiese onderskeid tussen 'n "siviele geding" en "strafsaak" ontbreek in die Swazitaal, alhoewel die onderskeid bekend is.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2005/2/EJC54955
2005-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error