1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Without fear or favour - ensuring the independence and credibility of the "weakest and least dangerous branch of government"

Volume 2005, Issue 3
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Daar word algemeen erken dat 'n onafhanklike en onpartydige regbank, as element van die leerstuk van skeiding van magte, onontbeerlik is vir 'n moderne regstaat. Onafhanklikheid van die regbank hang veral af van die wyse waarop regsprekende beamptes aangestel (en moontlik ontslaan) word. In Suid-Afrikaanse verband speel die Regterlike Dienskommissie hier 'n sentrale rol.
Een van die neteligste probleme raak die posisie van die laerhowe en die mate waarin hulle as onafhanklik van veral die uitvoerende gesag beskou kan word. Hierdie kwessie het aandag geniet in . Die konstitusionele hof, anders as die Transvaalse hooggeregshof, het beslis dat laerhowe wel voldoende onafhanklik is al is hulle nie in dieselfde mate as die hoër howe onafhanklik nie.
Onafhanklikheid is wel die belangrikste faktor wat geloofwaardigheid verseker, maar die bevoegdheid van regsprekende beamptes, die mate waarin hulle toerekenbaar en toeganklik is, en veral in die Suid-Afrikaanse konteks, die mate waarin hullle verteenwoordigend van die bevolking is, is ook belangrike aanwysers.
Uiteindelik is gehalte van die regspraak wat gelewer is, oftewel die vraag of geregtigheid gedien word, egter deurslaggewend.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2005/3/EJC54974
2005-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error