1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Gay rights (and obligations!) : consequences and implications of

Volume 2005, Issue 4
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Die gemeenregtelike definisie van die huwelik het nog altyd vereis dat die huwelik 'n verbintenis tussen twee persone van die teenoorgestelde geslag moet wees. Hierdie posisie (en die familiereg in sy geheel) is egter ingrypend verander toe die hoogste hof van appèl (met 'n meerderheid van vier teen een) in beslis het dat die gemeenregtelike definisie van die huwelik ongrondwetlik is en dadelik aangepas moet word om vir huwelike tussen persone van dieselfde geslag voorsiening te maak. Die doel van hierdie bydrae is nie om die grondwetlike kwelpunte te analiseer nie, maar om bloot die vernaamste gevolge en implikasies van hierdie verreikende uitspraak uit te lig, veral met betrekking tot die onveranderbare gevolge van huweliksluiting. Daar word ook aan die hand gedoen dat die uitspraak 'n mate van regsekerheid skep ten opsigte van die definisie van "gade". 'n Regsvergelykende ondersoek na die posisie in onder andere Nederland, Swede, België en sekere state van die VSA is gedoen. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat ons regstelsel dit tans tussen die duiwel en die diep blou see bevind. Dit bly egter een van die fundamentele funksies van die familiereg om familielede te beskerm en die hof se uitspraak lewer 'n bydrae tot die vervulling hiervan.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2005/4/EJC54998
2005-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error