1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Conflict of laws as a tool in the trade of works of art

Volume 2005, Issue 4
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


In die hedendaagse wêreld van internasionale kunshandel is publieke en privaatbelange in groot mate vermeng. State raak dikwels by internasionale litigasie betrokke en in 'n beduidende aantal gevalle tree belange na vore wat op die terrein van die publiekreg tuishoort. Gegewe die impak van litigasie van hierdie aard op state se ekonomiese en kulturele belange, het dit nodig geword om die langtermyndoelstellings, funksies en metodologie van die konfliktereg as 'n dissipline te heroorweeg.
Vir doeleindes van die artikel word 'n pragmatiese benadering gevolg, wat die breër konteks waarbinne konfliktereg funksioneer, in ag neem. Sekere implikasies van die onwettige uitvoer van kunswerke word uitgelig, soos in voor Amerikaanse howe ter sprake gekom het. Daar word ook verwys na die interaksie tussen sogenaamde dwingende landsregreëls, soos gebeur het in die geval waar 'n testateur uit Monaco 'n onuitvoerbare legaat aan die Bredius Museum in Den Haag laat toekom het. Die tersake bepalings van die 1980 Rome Konvensie ten aansien van die reg wat op kontraktuele verpligtinge van toepassing is, asook die implikasies van bepalings in die 1995 Unidroit Konvensie ten aansien van die internasionale teruggawe van voorwerpe van kulturele belang wat gesteel of onwettig uitgevoer is, word voorts onder die loep geneem.
Die konfliktereg behoort ruimte te laat vir die oorweging van publieke belange wat in - en buitelandse reg opgesluit lê. Deur bevooroordeeld te staan teenoor die relevansie van die aard van bepaalde statutêre reëls, en sodoende 'n ondersoek van hierdie aspek in die weg te staan ten einde aan die aanklag van "regressiewe neo-statutisme" te ontkom, sal die potensiaal van hierdie vakdissipline noodwendig geknou word. Die konfliktereg behoort eerder kennis te neem van die moontlikhede wat bestaan om tussen die belange van state, individue en die internasionale gemeenskap in kultuurgoedere soos dit beslag kry in reëls van publiekregtelike aard, te koördineer.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2005/4/EJC55001
2005-01-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error