1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The aesthetic turn in the post-apartheid constitutional rights discourse

Volume 2006, Issue 1
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


'n Uitstaande kenmerk van konstitusionele kommentaar in die eerste dekade na apartheid is die aantal estetiese metafore wat gebruik is om die nuwe menseregtediskoers mee te beskryf. Hierdie estetiese wending in konstitusionalisme kan nie bloot afgemaak word as 'n postmodernistiese modegier nie. Dit is eerder 'n ernstige poging om 'n alternatief te vind vir die tendens om konstitusionele regte te privatiseer (deur, byvoorbeeld, die toepassing van regte op wetenskaplike wyse te formaliseer). 'n Nadere ondersoek van sekere van hierdie metafore uit die letterkunde, musiek, beeldende kuns en tekenkuns openbaar 'n spanning binne die estetiese wending tussen diegene wat glo dat die regte die medium van 'n openbare of publieke politiek kan word (Woolman, Du Plessis, Bohler-Müller), en diegene wat glo dat konstitusionele regte in 'n paradoks tussen die private en die publieke verstrengel is (Van Marle en Van der Walt). Hierdie spanning kan beter verstaan word indien dit bedink word in terme van die Kantiaanse estetiese tradisie (die estetika en politiek van die skone teenoor die estetika en politiek van die voortreflike). Die afgeskeepte status van die Kantiaanse estetiese filosofie as 'n bron van kritiese regsdenke, in vergelyking met die Amerikaanse Realisme byvoorbeeld, kan ook so in die proses aangespreek word.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2006/1/EJC55016
2006-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error