1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The defence of "prior use" in South African trade mark law

Volume 2006, Issue 2
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Hierdie bydrae handel met die verweer wat in terme van die Wet op Handelsmerke 194 van 1993 aan 'n voortydige gebruiker van 'n handelsmerk gegee word. Die algemene bepaling is artikel 36(1). Ingevolge die bepaling moet, ten einde van die verweer gebruik te kan maak, 'n persoon 'n merk gebruik het voor die datum van registrasie, of die datum van eerste gebruik van die geregistreerde eienaar, wat ook al eerste plaasgevind het. Die verweer sal uiteraard net ter sprake kom indien die voortydige gebruiker nie die registrasie aanval nie. In gevalle waar daar absolute prioriteit bestaan, sal die merk op identiese goedere gebruik wees. Die situasie waar die gebruik met betrekking tot goedere wat ietwat verskil plaasgevind het, is meer kompleks. Regspraak het die beginsel van 'n wyer toepassing van die beginsel aanvaar, maar die praktiese toepassing was eng. Daar is aan die hand gedoen dat die verweer moeilik toepassing vind in die geval van welbekende merke. In die geval waar merke soos bedoel in artikel 6bis van die Konvensie van Parys ter sprake kom, is artikel 36(2) van die wet ter sprake. Hier is die vereiste dat die merk gebruik moes word voor die betrokke statutere datum, of die datum waarop die merk vir beskerming gekwalifiseer het, wat ook al die laatste is.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2006/2/EJC55034
2006-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error