1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The growing expansion of vicarious liability in the information age (part 2)

Volume 2006, Issue 4
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Hierdie artikel poog om maatskappye bedag te maak daarop dat daar verskeie inherente gevare verbonde is aan die onbehoorlike gebruikmaking van 'n maatskappy se inligtingsisteem deur sy eie werknemers. Deel een van hierdie artikel het ondersoek ingestel na die ontwikkeling van die leerstuk van middellike aanspreeklikheid in verskeie jurisdiksies. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie leerstuk met gemak toepassing kan vind in die inligtingsera. Deel twee van hierdie artikel het sekere vorme van onbehoorlike gebruik van 'n maatskappy se inligtingstelsel wat aanleiding mag gee tot middellike aanspreeklikheid geïdentifiseer en bespreek. Die vorme van onbehoorlike gebruik wat bespreek is word gereeld in die praktyk aangetref, en sluit in aanspreeklikheid gebaseer op laster, diskriminasie, inbreukmaking op kopiereg en die gevaar van onbeplande of ongemagtigde kontraksluiting deur 'n werknemer. Die skrywer het ook sekere tegnologiese sekuriteitsoplossings geïdentifiseer wat maatskappye met gemak en teen relatiewe lae koste kan implementeer ten einde hulle blootstelling aan regsaanspreeklikheid gebaseer op middellike aanspreeklikheid drasties te verminder.
Daar kan dus tot die gevolgtrekking gekom word dat alhoewel werkgewers tans onder druk geplaas word om te verseker dat hulle werknemers nie onbehoorlik gebruik maak van die maatskappy se inligtingstelsel nie, die implementering van sekere basiese tegnologiese sekuriteitsmeganismes hulle effektief kan beskerm teen aanspreeklikheid gebaseer op byvoorbeeld middellike aanspreeklikheid. Daar moet egter besef word dat die risiko van regsaanspreeklikheid as gevolg van 'n inligtingsekuriteitsinsident nooit volkome uitgesluit kan word nie. Al wat maatskappye kan doen, is om te poog om hierdie risiko so ver as moontlik te beperk.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2006/4/EJC55069
2006-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error