1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Human rights litigation against corporations

Volume 2007, Issue 2
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Die gebruik van groepsgedinge teen multinasionale maatskappye in litigasie voor Amerikaanse howe het in die onlangse verlede dikwels gelei tot vergoedingsbevele waarby astronomiese bedrae betrokke was. As 'n direkte gevolg hiervan moes die besigheidsindustrie gaandeweg daarvan kennis neem dat die realisering van besigheidsbelange, veral in die ontwikkelende wêreld, in direkte samehang met die beskerming van menseregte kon staan en dat die optrede van regspersone toenemend onder die soeklig geplaas sal word. Dit sou veral die geval wees waar die belange van groot, magtige ondernemings en dié van onderdrukkende regerings 'n bepaalde simbiose het en menseregtevergrype deur die optrede of late van ondernemings bevorder word. In hierdie artikel word, met verwysing na belangrike regspraak, 'n oorsig van die huidige stand van sake gegee en gewys op die hindernisse wat voornemende litigante in sulke gevalle in die gesig staar. Ten slotte word dit bevraagteken of hierdie vorm van menseregtebeskerming werklik op die lange duur 'n bydrae maak tot die verbetering van omstandighede wat menseregtevergrype in ontwikkelende lande in die hand werk. Die rede hiervoor is onder andere die Amerikanisering van sulke eise, naamlik die buitengewone hoë vergoedingsbedrae wat ter sprake is en wat 'n verlammende effek op ondernemings kan hê om volhoubare steun vir sosiale en ekonomiese opheffing te verskaf. 'n Bykomende gevaar is dat die swaartepunt vir menseregtebeskerming kan verskuif van tradisionele metodes na 'n klagteprosedure wat moeilik reguleerbaar is.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2007/2/EJC55107
2007-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error