1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Die konstitusionele hof se uitsluitlike jurisdiksie oor die nienakoming van sekere pligte van die parlement : regspraak

Volume 2007, Issue 3
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract

Artikel 167(4)(e) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1996 bepaal dat slegs die konstitusionele hof mag beslis dat die parlement of die president versuim het om 'n grondwetlike plig na te kom. Terselfdertyd bepaal artikel 172(2)(a) dat die hoogste hof van appèl of 'n provinsiale hof of 'n hof met soortgelyke status 'n bevel mag gee oor die grondwetlike geldigheid van 'n parlementswet, 'n provinsiale wet of enige optrede van die president, maar dat 'n bevel van grondwetlike ongeldigheid nie van krag is nie tensy die ongeldigheid deur die konstitusionele hof bekragtig word. Die vraag ontstaan hoe dit met mekaar rym dat die hoogste hof van appèl en 'n provinsiale hof 'n bevel van grondwetlike ongeldigheid van 'n parlementswet mag maak, maar nie mag beslis dat die parlement versuim het om 'n grondwetlike plig na te kom nie. Die grondwet beskryf die pligte van die parlement en wanneer die parlement die pligte nie nakom nie tree die parlement ongrondwetlik op. Wanneer die parlement die ongrondwetlikheid van 'n parlementswet veroorsaak, sal dit altyd wees as gevolg van die nienakoming van 'n grondwetlike plig. Hoe anders?

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2007/3/EJC55117
2007-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error