1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Haatspraak en die reg op vryheid van uitdrukking in Suid-Afrika : aantekeninge

Volume 2007, Issue 3
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract

Volgens hierdie stelling van Jolowics is die nadeel wat veroorsaak kan word deur vorms van uitdrukking sedert die vroegste tye beskou as 'n aangeleentheid wat met regsreëls hanteer word. Dit is so omdat die onmin en rusie wat kan spruit uit uitdrukking nooit behoorlik opgelos kan word deur dit geheel en al oor te laat aan mededinging tussen geartikuleerde standpunte in die vrye mark van "waarheidsvinding" nie. Die nadeel wat deur vorms van uitdrukking veroorsaak kan word, is sedert die vroegste tye dikwels nie slegs as 'n private aangeleentheid beskou nie. Onder sekere omstandighede kan die skadelike gedrag 'n uitwerking hê wat wyer strek as die belange van private slagoffers. Dit kan ook die handhawing van die openbare orde bedreig of versteur. Maar selfs indien dit slegs private persone raak, geld die basiese beginsel van deliktuele aanspreeklikheid - dat nadeel vergoed moet word deur diegene wat dit veroorsaak of deur die een of ander risikogemeenskap waaraan hulle behoort - ook vir die nadeel wat veroorsaak word deur lasterlike en ander vorms van uitdrukking. (Spesifiek tov uitdrukking met rassekonnotasies verklaar Tribe (2e uitg) 838 n 17 oor die VSA: "State courts have permitted the victims of abusive racial slurs to bring tort actions for intentional infliction of emotional distress.")

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2007/3/EJC55120
2007-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error