1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - A critical analysis of the role of the developer in sectional title developments

Volume 2008, Issue 2
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Die statutêre aanvaarding van deeltitels het die Suid-Afrikaanse eiendomsmark die afgelope paar dekades wesenlik beïnvloed. Dit het deure oopgemaak vir ontwikkelaars om nuwe moontlikhede te ondersoek en noemenswaardige winste te maak in die nuwe uitgebreide eiendomsmark. As in ag geneem word dat 'n deeltitelontwikkeling uit residensiële eenhede, kantore, supermarkte, industriële en gemengde eenhede kan bestaan, is dit duidelik dat die moontlikhede oneindig is.
Die ontwikkelaar speel 'n sleutelrol in die oprigting van 'n deeltitelskema. Die sukses van die skema hang grootliks af van sy rol tydens hierdie fase. Ongelukkig misbruik onetiese ontwikkelaars soms hul magte ten koste van potensiële kopers en deeleienaars. Dus moet deeltitelwetgewing voorsiening maak vir beskermingsmaatreëls om hierdie wanpraktyke hok te slaan. Nogtans moet 'n balans gehandhaaf word deur die belange van al die betrokke partye te beskerm.
Dit gebeur dikwels in die praktyk dat voornemende ontwikkelaars nie oor die nodige kennis en vaardighede beskik wat deur die wet vereis word nie. Dit is vanselfsprekend dat statutêre bepalings vir die oprigting en administrasie van deeltitelskemas van geen waarde is as ontwikkelaars nie ingelig word oor hul rol in hierdie verband nie.
In hierdie artikel word die rol en funksies van die ontwikkelaar in 'n deeltitelontwikkeling ondersoek en riglyne gegee vir prosedures wat gevolg en potensiële slaggate wat vermy moet word. Verder word bepaal of daar ruimte vir verbetering in die Suid-Afrikaanse deeltitelwetgewing is.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2008/2/EJC55176
2008-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error