1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The jury trial : English and French connections

Volume 2008, Issue 2
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Dit is welbekend dat die jurie op Engelse bodem ontwikkel het en dat dit 'n uitstaande kenmerk van die Anglo-Amerikaanse verhoorproses geword het. Wat nie welbekend is nie, is die presiese oorsprong van die jurie. Die rede is dat die oorsprong van die jurie in die duisternis van die Middeleeue in Engeland verskuil is. Ten einde sekere feite rondom die geboorte van die jurie vas te stel, is dit nodig om terug te gaan in die geskiedenis na die tweede helfte van die twaalfde eeu in Engeland, toe Henri II, die graaf van Anjou, oor hierdie land en groot dele van Frankryk geheers het.
Die geboorte van die jurie hou verband met die Normandiese ondersoek of inkwisisie ("inquest"), wat 'n prerogatiewe reg van die Frankiese konings was. Dit het ingehou dat die koning of 'n koninklike amptenaar na 'n sekere buurt gegaan het en 'n aantal betroubare manne opgeroep het om onder eed ware antwoorde te gee op vrae wat aan hulle gestel is. Henri II het na 'n tydperk van anargie en burgeroorlog in Engeland aan bewind gekom. Sy eerste taak was om orde te herstel en vrede te bewaar. Om dit te bewerkstellig, was dit nodig om inligting te verkry oor onder andere misdade wat gepleeg is, wie van hul grond ontneem is, wie die eienaars van sekere grond was en die gebruike in sekere gebiede. Die Normandiese ondervragingsproses het hierdie behoefte vervul.
Hierdie proses het geleidelik, oor die volgende vyf eeue, 'n gedaanteverwisseling ondergaan. Aanvanklik het die manne van die buurt inligting verskaf op grond van hulle eie persoonlike kennis. Maar uiteindelik, teen die sewentiende eeu, het hulle ontwikkel in lede van 'n jurie wat geen kennis van die tersake gebeure gehad het nie. Getuies, wat wel sodanige kennis gehad het, is nou opgeroep om hulle weergawes aan die regter en jurie voor te lê.
Na die Franse Rewolusie het die rewolusionêre vaders die Engelse jurie as 'n belangrike populêre instelling aangegryp, wat die gewone burgers in die regsproses kon betrek en die mag van die regters kon beperk. Die jurie is gevolglik in die konteks van ernstige strafsake, wat in die cour d'assises beregbaar is, ingevoer. Die juriemodel wat in Frankryk ingevoer is, het aanvanklik in so te sê alle opsigte met sy Engelse eweknie ooreengestem. Maar geleidelik is daar in sekere wesenlike opsigte van die Engelse model afgewyk. Dit het betrekking op die beginsel van eenstemmigheid, gesamentlike beraadslagings deur regters en jurielede en die aantal jurielede.
Dit is duidelik dat die jurie in Frankryk 'n kringloop voltooi het. In die elfde en twaalfde eeu het dit sy weg in embrio-vorm van Franse bodem na Engeland gevind en eeue daarna is die ontwikkelde Engelse jurie weer na Frankryk oorgeplant. beperk. Die jurie is gevolglik in die konteks van ernstige strafsake, wat in die cour d'assises beregbaar is, ingevoer. Die juriemodel wat in Frankryk ingevoer is, het aanvanklik in so te sê alle opsigte met sy Engelse eweknie ooreengestem. Maar geleidelik is daar in sekere wesenlike opsigte van die Engelse model afgewyk. Dit het betrekking op die beginsel van eenstemmigheid, gesamentlike beraadslagings deur regters en jurielede en die aantal jurielede. Dit is duidelik dat die jurie in Frankryk 'n kringloop voltooi het. In die elfde en twaalfde eeu het dit sy weg in embrio-vorm van Franse bodem na Engeland gevind en eeue daarna is die ontwikkelde Engelse jurie weer na Frankryk oorgeplant.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2008/2/EJC55178
2008-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error