1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Waterserwitute, verjaring en die kennisleer : regspraak

Volume 2009, Issue 4
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract

In 'n land wat gebuk gaan onder knellende droogtes en versengende somerhitte is suksesvolle kommersiële boerdery-aktiwiteite direk afhanklik van toegang tot bekostigbare en betroubare water aangesien nie op gereelde reënval alleen gereken kan word nie. Indien die eie grondstuk oor onvoldoende watervoorsiening beskik, is die voornemende boer aangewese op water van elders. Hoewel versorgingsooreenkomste met enige ander subjek as 'n verskaffer getref kan word, is sodanige verbintenisse uit die aard van die saak onderworpe aan alle beperkings waaronder persoonlike vorderings gebuk gaan. Dit verbaas dus nie dat 'n boer wat op water vanaf 'n ander grondstuk as sy eie aangewese is, voorkeur gee aan 'n diensbaarheid as beperkte saaklike reg ten einde 'n onverstoorbare aanspraak te hê op die water wat op 'n nabygeleë grondstuk beskikbaar is om dit te mag aantap en benut nie. Die serwitute wat gewoonlik ter sprake sou kon kom, is sedert die Romeinse reg bekend en die regsnorme is deeglik omskryf as serwitute van watertrekking en waterleiding - (D 43 22 1 1).

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2009/4/EJC55270
2009-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error