1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Harmonising social security systems within the Southern African Development Community

Volume 2009, Issue 4
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract

The Southern African Development Community is a regional organisation in southern Africa of a wholly intergovernmental character which comprises fifteen countries. Each of the fifteen Community member states has a social security system. However, social security systems in the Community are at different levels of development. In addition, social security systems are not harmonised in the region. The harmonisation of social security systems needs to be placed high on the Community agenda so as to ensure the social security of Community citizens - particularly in light of the intra-regional movement of labour.


Die bydrae ontleed krities die harmonisering van sosiale sekerheidsisteme binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG). Die ontleding word gedoen aan die hand van 'n ondersoek na die grondslag vir die harmonisering van sosiale sekerheidsisteme binne die SAOG; die verhouding tussen die harmonisering van sosiale sekerheid en die koördinering van sosiale sekerheidsisteme; en die proses van harmonisering van sosiale sekerheidsisteme binne die SAOG. Die SAOG is 'n streeksorganisasie met 'n interregeringskarakter wat uit vyftien lande bestaan. Elk van die vyftien SAOG-lidstate het 'n sosiale sekerheidsisteem. Nietemin is die sosiale sekerheidsisteme tans steeds op verskillende vlakke van ontwikkeling. Daarbenewens word sosiale sekerheidsisteme nie tans geharmoniseer binne die streek nie. Dit is die geval ten spyte van die feit dat daar 'n verskeidenheid van SAOG-instrumente bestaan wat voorsiening maak vir die harmonisering van sodanige sosiale sekerheidsisteme. Hierdie instrumente sit egter nie die graad van harmonisering wat vereis word in die streek of die proses wat daarvoor gevolg moet word direk uiteen nie. Daar word egter in die artikel aan die hand gedoen dat die harmoniseringsinstrumente van die SAOG (naamlik die Kode van Sosiale Sekerheid in die SAOG en die SAOG Sosiale Handves) op die grondslag van sogenaamde minimum harmonisering funksioneer. Hierdie afleiding spruit voort uit die feit dat die instrumente minimum standaarde voorskryf wat lidstate toelaat, en in sommige gevalle aanmoedig, om die standaarde te oortref.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2009/4/EJC55278
2009-01-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error