1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Verlengde onderhoudsaanspraak vir langslewende gade geen onbedagte meevaller vir erfgename van aanspraakmaker nie : regspraak

Volume 2010, Issue 4
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades 27 van 1990 is destyds tereg geloof as 'n noodsaaklike en vêrsiende statutêre ingreep in die versorgingswoesteny waarin die langslewende gade (meestal die vrou) gelaat kan word indien die eerssterwende gade die langslewende onvoldoende versorg nalaat én sy onvoldoende eie middele het om in haar eie redelike versorgingsbehoeftes te voorsien. Tipies kom dit ter sprake waar om welke rede ook die bategroei tydens die huwelik nie as aanwas billik by ontbinding van die huwelik deur die dood van die eerssterwende verdeel word nie én die langslewende gade nie 'n afdoende erfregtelike aanspraak op bates uit die oorledene se boedel toeval nie. Dit kan egter ook wees dat nieteenstaande 'n oënskynlik billike erfregtelike voorsiening die omvang van die bates in die boedel van die eerssterwende eenvoudig onvoldoende is om in die volgehoue versorgingsbehoeftes van die langslewende én die erfregtelike aansprake van die erfregtelike begunstigdes te voorsien, terwyl die langslewende oor onvoldoende eie middele beskik om self in haar redelike onderhoudsbehoeftes te voorsien (Sonnekus "Verlengde onderhoudsaanspraak van die langslewende gade - 'n aanvaarbare ondergrawing van beskikkingsbevoegdheid?" 1990 491-513; "Boedelverdeling - billikheid jeens erflater én verwante?" 1997 5-48; "Verlengde onderhoudsaansprake en volwasse selfversorging in 'n reserwelose Suid-Afrikaanse reg" in Coene (red) Deel I (1997) 307-366). In uitsonderingsgevalle kan 'n statutêre verlengde onderhoudsaanspraak ook benut word om 'n oorsig en fout weens verknoeide boedelbeplanning reg te stel. (Sien vir hierdie laaste aspek die bespreking in 1997 waar die ander tersake aspekte destyds nader belig is maar waarvan ook dié praktisyns en regters in die onderhawige saak nie kennis geneem het nie.)

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2010/4/EJC55345
2010-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error