1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Eiegeregtigde huurverlenging en ander mistastings : regspraak

Volume 2011, Issue 2
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract

Deur die eeue beweeg die simpatie-pendulum tussen die huurder en die verhuurder waar by 'n botsing van belange tussen dié belanghebbendes besleg moet word. Enersyds is dit mode in 'n sosialistiese tydsgewrig om simpatie te hê met die spreekwoordelike kleine man wat nie kan bekostig om sy eie onderdak te hê nie en daarom uitgelewer is aan die vermeend uitbuitende huurpryse van verhuurders as huisbase. Andersyds bereik dit snel die punt waar dit nie langer aanloklik is vir 'n potensiële belegger om sy kapitaal te belê in onroerende eiendom ten einde uit die huurinkome 'n redelike opbrengs op sy belegging te verdien indien hy nie langs die regsweg wanbetalers en huurders kan uitsit wat hul nie aan die huurooreenkoms hou nie en sy plek verinneweer. Dan is die lydende partye uiteindelik juis die dakloses wat plotseling kla dat daar nie huurverblywe beskikbaar is nie of dat die geboue verval en verbrokkel weens geen onderhoud daaraan nie. (Vgl die berugte probleemwoonstelkomplekse in groter Johannesburg waar reeds jare geen huur aan die eienaars betaal word en geen instandhouding gedoen word nie en gevolglik toestande ontstaan wat vir die breë gemeenskap 'n gesondheidsrisiko kan inhou.) Nie altyd word begryp dat die onderhoudskostes gedek moet word uit die redelike huuropbrengs en dat ná alle aftrekkings 'n redelike beleggingsopbrengs vir die eienaar moet oorbly nie. Tensy die reg die balans tussen die botsende belange jaloers bewaar, is dit moeilik om 'n vreedsame belange-afweging deurgaans te waarborg - en dit is die funksie van die reg. In die onderhawige uitspraak speel die botsende elemente direk mee en die uitspraak van die appèlhof bied 'n welkome aanduiding waar op dié pendulum se deurswaaikurwe ons tans is.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2011/2/EJC55379
2011-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error