1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Regulating offensive strip club billboards in a constitutionally acceptable manner

Volume 2011, Issue 2
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Die Liggaam vir Reklame Standaarde is die liggaam wat klagtes aangaande ongewenste reklame hanteer. Die outeur argumenteer dat enige beslissing deur die liggaam dat 'n ontkleeklubadvertensiebord wat primêr kommunikatief is (hetsy aangaande die prys, beskikbaarheid of die aard van die produk), teenstrydig met die bepalings van die kode van die liggaam is,die reg op vryheid van uitdrukking in terme van artikel 16(1) van die grondwet beperk. Indien die kode van die liggaam as 'n kontrak as "algemeen geldende regsvoorskrif" kwalifiseer, word die faktore wat in artikel 36(1) uiteengesit is, in ag geneem ten einde te bepaal of die beperkings wat die kode van die liggaam daarstel redelik en regverdigbaar is in 'n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Alhoewel die kode van die liggaam kwalifiseer as 'n "regsvoorskrif", is die gebruik van terminologie soos "onsmaaklik" om onwelvoeglike seksuele kommunikasie te bepaal, te subjektief om as 'n regstoets regsekerheid daar te stel. Die kontraktuele bepalings in die kode van die liggaam aangaande ongewenste reklame kwalifiseer dus nie as "algemeen geldende reg" nie.
Omrede beperkings op ongewenste reklame eerder die beskerming van kinders en onwillige, maar ingeligte, volwassenes, behoort te reguleer, is die bepaling van die gepaste gehoor en die gepaste media 'n meer gepaste en grondwetlik regverdigbare benadering. Nuwe bepalings in die kode van die liggaam ten einde onwelvoeglike seksuele kommunikasie en die beskerming van kinders te reguleer, word gevolglik aanbeveel. Die bepalings wat die objektivering en stereotipering van mans en vrouens reguleer, is egter voldoende objektief en regseker om as "algemeen geldende" bepalings te kwalifiseer. In oorweging van die artikel 36(1)-faktore, asook ander relevante faktore, is die slotsom dat hierdie voorgestelde bepalings vir ongewenste reklame grondwetlik regverdigbaar is, en dat die kode van die liggaam dienooreenkomstig gewysig behoort te word.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2011/2/EJC55386
2011-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error