1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The constitutional justification and the ethical arguments for granting enhanced HIV treatment for selected priority groups in South Africa's antiretroviral treatment programme

Volume 2011, Issue 3
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Die Suid-Afrikaanse regering, met behulp van die konstitusionele hof, het deur middel van die omvattende hersiening van die nasionale HIV-beleid begin verseker dat alle Suid-Afrikaners wat HIV onder lede het, antiretrovirale behandeling (ARB) mag ontvang. Sommige Suid-Afrikaners sal egter die behandeling eerder as ander ontvang. Die implikasie hiervan is dat diegene wat sulke behandeling nie ontvang nie, mag siek word of selfs voortydig te sterwe kan kom. Daar bestaan stawende getuienis dat die lewensverwagting van pasiënte wat wel die behandeling ontvang in hul eerste jaar 'n verlaging van hul CD4 seltelling ervaar tot so laag as onder 200 selle/mm3. Die openbare én individuele gesondheidsvoordele wanneer die behandeling eerder kan begin, is ooglopend. Stawende getuienis dui daarop dat baie pasiënte wat behandeling uitstel tot nadat hul CD4-seltelling onder 200 selle / mm3 gedaal het, binne die eerste jaar van behandeling sterf. Die outeurs sou graag aanvaar dat die staat 'n belang sou hê om die behandeling beskikbaar te stel aan die totale bevolking wat met sodanige seltelling moet leef. Ongelukkig is die koste verbonde aan 'n algemene uitrol van die program oorweldigend en oorskry dit beide die kapasiteit van die openbare gesondheidsorg en die gesondheidsbegroting. Noukeurige onderskeiding, verdedigbare vorms van rantsoenering en optrede in goeie trou mag die regering se verspreiding van meerdere sosio-ekonomiese goedere aan spesifieke groepe van die bevolking, regverdig.
In hierdie artikel behandel die outeurs die regverdiging van rantsoenering van uitgebreide behandeling aan identifiseerde voorkeurgroepe. Die grondwetlik-verantwoordbaarheid van hierdie hersiene beleid berus op die rasionalisering daarvan ingevolge artikel 9(1) van die grondwet, die billikheid daarvan ingevolge die diskriminasie-analise wat op grond van artikel 9(2) van die grondwet gedoen is, en die verantwoordbaarheid daarvan ingevolge artikel 27 van die grondwet. Die -sake dien as raamwerk vir sodanige standpunt. Die grondwetlike hof hanteer fynere onderskeiding, rantsoenering en goeie trou as pogings (in sosio-ekonomiese regte-aangeleenthede) deur die nuwe beleid se grondwetlikheid te verdedig. 'n Streng formalistiese regsanalise mis egter 'n belangrike dimensie vir die regverdiging van 'n hersiene HIV-beleid, naamlik die fundamentele etiese argument wat prioritisering ondersteun. Die outeurs oorweeg argumente van billikheid en utiliteit. Die outeurs kom tot die slotsom dat deur die kernvraag van die artikel te sentraliseer, naamlik 'n ondersoek na die verduidelikings van die regering se onlangse hersiening van die HIV-riglyne aan die hand van 'n beoordeling van die konstitusionele regverdigbaarheid en etiese gronde daarvan, 'n antwoord moontlik is. Die gevolg hiervan is dat geen grondwetlike aanslag onder artikels 9 of 27 (of beide) van die grondwet behoort te slaag nie en dat geen politieke aanvegting van hierdie beleid in die nabye toekoms redes hoef te bied vir die regering om hierdie beleid te verander nie.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2011/3/EJC55402
2011-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error