1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Party autonomy and international sales contracts

Volume 2011, Issue 3
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Die Weense Koopverdrag stel 'n eenvormige regsraamwerk vir die internasionale verkoop van goedere daar en is 'n invloedryke internasionale instrument. Die verdrag het tans 74 lidlande. Die verdrag beheers kontraksluiting sowel as die regte en verpligtinge van die koper en verkoper tot 'n internasionale koopkontrak.
Artikel 6 van die verdrag gee erkenning aan die beginsel van kontrakteervryheid. Ingevolge artikel 6 mag die partye die toepassing van die verdrag uitsluit of, onderhewig aan sekere beperkinge, die effek van enige bepalings van die verdrag wysig. Dit bly steeds 'n kontroversiële vraag of stilswyende uitsluiting van die verdrag onder artikel 6 moontlik is en of uitsluiting van die verdrag se toepassing uitdruklik moet geskied. Meeste skrywers ondersteun die standpunt dat uitsluiting onder artikel 6 sowel stilswyend as uitdruklik kan plaasvind, maar verskeie skrywers is ook die teenoorgestelde mening toegedaan. Daar bestaan regspraak vir beide standpunte. Indien stilswyende uitsluiting van die verdrag inderdaad toelaatbaar is, moet "stilswyende uitsluiting" juis omskryf word ten einde te kan bepaal wat as sodanig kwalifiseer. Meeste skrywers is dit eens dat 'n regskeuseklousule wat die reg van 'n nie-lidland as die reg van toepassing op die kontrak aandui, op stilswyende uitsluiting van die verdrag dui. Regspraak en bestaande literatuur getuig daarvan dat die korrekte interpretasie van 'n regskeuseklousule wat die reg van 'n lidland as die toepaslike reg aandui, steeds onseker is. Gesag bestaan vir die argument dat sodanige regskeuseklousule die toepassing van die verdrag uitsluit. Daarteenoor is die argument van sowel 'n hele aantal skrywers as in regspraak geopper dat hierdie regskeuseklousule geïnterpreteer moet word as sou die partye 'n keuse ten gunste van die reëls wat die betrokke regstelsel vir internasionale koopkontrakte daarstel, gemaak het. In die geval van 'n lidland, sal dit die Weense Koopverdrag wees.
'n Verdere aangeleentheid wat in hierdie artikel behandel word, is of artikel 6 die partye magtig om die Weense Koopverdrag as die reg van toepassing op hul kontrak te kies in gevalle waar dit nie andersins van toepassing sou wees nie. Al die gemelde vraagstukke word aan die hand van regspraak en die argumente van skrywers ontleed.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2011/3/EJC55405
2011-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error