1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The prosecuting discretion : a power under administrative law or criminal law?

Volume 2011, Issue 4
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Twintig jaar gelede sou die vraag of staatsaanklaers se diskresie om strafregtelik te vervolg deur die administratiefreg reguleer word, regsgeleerdes waarskynlik verstom het. Hoewel staatsaanklaers as staatsorgaan binne die Westminster stelsel se skeiding van magte deel van die uitvoerende gesag was, het die leerstuk van funksionele onafhanklikheid dit binne daardie paradigma moontlik gemaak dat hulle steeds strafreg kon aanwend, terwyl die administratiefreg handelinge van die uitvoerende gesag reguleer het. Dit was moontlik omdat die sistematisering van publiekreg nie besondere voorrang geniet in die Westminster sisteem nie aangesien die konstitusionele stelsel primêr daarop gerig is om magsdeling tussen verskillende klasse te akkommodeer en nie soseer om 'n regstaatlike skeiding van staatsmagte te skep nie.
Die regstaat paradigma berus op vaste reëls, soos die oppergesag van die grondwet, die gebondenheid van alle staatsorgane aan die handves van menseregte met beperkings op die uitoefening van staatsmag en 'n skeiding van magte volgens funksies wat aan 'n spesifieke staatsorgaan gekoppel word as sistematiserende faktor in die staatsreg. Met die oorgang na 'n ander konstitusionele model ontstaan die dilemma dat die konstitusionele hof in die -saak die stelling gemaak het dat staatsaanklaers deel is van die uitvoerende gesag. Dit impliseer dat persone wat strafregtelik vervolg word, aanspraak kan maak op administratiewe geregtigheid ingevolge artikel 33 van die grondwet. Die konstitusionele hof het in eenstemmig beslis dat die toepaslike artikel in die handves van menseregte artikel 35 is. Die teenstrydige uitsprake van die hof het intussen taamlike verwarring veroorsaak. In hierdie bydrae kontekstualiseer die outeur waarom die grondwet die staatsaanklaers in hoofstuk 8 struktureel as 'n staatsorgaan in eie reg binne die derde staatsmag klassifiseer en nie as deel van die uitvoerende gesag nie.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2011/4/EJC55421
2011-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error