1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The Chinese real estate industry with special reference to urban housing and land reform initiatives (part 2)

Volume 2012, Issue 1
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Die eerste deel van die artikel verskaf 'n insae in die merkwaardige hervorming van stedelike behuising in Sjina gedurende die afgelope 30 jaar. Dit begin met 'n ondersoek na die wyse waarop huisvesting aan Sjinese burgers toegeken is voordat hervormingsvoorstelle aanvaar is. In die Sjinese maatskaplike welvaartstaat van daardie tyd is behuising deur die staat beheer en die toekenning van publieke huisvesting deur staatsorgane en landelike ekonomiese gemeenskapseenhede () was die belangrikste manier waarop huisvesting aan inwoners verskaf is. Hierdie stelsel van toekenning van publieke behuising het tot 'n nypende tekort aan huisvesting en 'n ongelyke verspreiding van behuising, veral onder die landelike bevolking, aanleiding gegee en die landsekonomie nadelig beïnvloed. Ten einde oplossings vir hierdie probleme te vind en ten einde 'n kenmerkende Sjinese stedelike eiendomsmark te vestig, is 'n reeks behuisingshervormings geloods in samehang met die omskepping van die sosialistiese sentraal-staatsbeplande Sjinese ekonomie tot 'n meer liberale markekonomie met sosialistiese kenmerke. Die hoofdoel was om behuising te kommersialiseer en te privatiseer met die uiteindelike oogmerk om die swaar las op die staat ten opsigte van behuisingsfinansiering en beskikbaarstelling te verskuif na plaaslike owerhede, gemeenskapseenhede en individuele huishoudings. Die Sjinese behuisingshervorming het drie fases behels. Gedurende die eerste fase vanaf 1979 tot 1988 is 'n aantal groot stede gekies om verskeie nuwe behuisingsvoorstelle uit te toets. Gedurende die tweede fase vanaf 1988 tot 1998 is landwye proefnemings gedoen om die doeltreffendheid van voorgestelde behuisinghervormings te beoordeel. Omdat hierdie hervormings op beleidsverklarings van die staat eerder as op wetgewing berus het, fokus hierdie gedeelte op verskeie amptelike uitsprake en beleidsverklarings deur die uitvoerende gesag aan plaaslike owerhede omtrent die regulering en uitvoering van die landwye hervormingsvoorstelle. Aan die einde van hierdie fase is bevind dat 'n gebrek aan ekonomiese aansporingsmaatreëls, die nie-erkenning van eiendomsreg in huiseenhede, die tekort aan bekostigbare behuising en die weerstand teen enige vorm van private eiendomsreg, die belangrikste faktore was wat werknemers ontmoedig het om publieke huiseenhede te koop. Dit het veroorsaak dat hulle hul steeds op hul werkgewers, gemeenskapseenhede () en plaaslike owerhede beroep het vir die verskaffing van huisvesting. Die staat het daarom besluit om die sosialistiese verskaffing van publieke behuising aan burgers af te skaf en behuising tot 'n belangrike sektor van die markekonomie te verhef (). Dit is die fokus van die hervormingsinisiatiewe van die derde en laaste fase vanaf 1998 wat 'n nuwe era van behuisingshervorming ingelei het. Vergeleke met die ou welvaartbehuisingstelsel waar die staat of die gemeenskapseenhede huisvesting aan burgers en werknemers verskaf het as deel van hulle vergoedingspaket, verskaf die staat nou subsidies en kontantvoorskotte aan huishoudings om die aankoop van huiseenhede te bevorder. Sedertdien het die staat verskeie maatreëls aangeneem om 'n gesonde eiendomsmark te vestig. Behuisingshervorming word vergesel van behuisingsfinansieringhervorming, eiendomsreghervorming en grondhervorming. Gemeenskapseenhede en individue word aangemoedig om in die oprigting van wooneenhede te belê en nuwe bronne van finansiering word geskep.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2012/1/EJC55440
2012-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error