1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - - the failure to comply with statutory time-limits deprives a potential claimant of his claim, or does it?

Volume 2012, Issue 1
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Met die invoering van die nuwe op 1 Januarie 1992 is ook die Nederlandse verjaringsreg gewysig. Ingevolge artikel 2024 van die vorige is verjaring teen 'n minderjarige (of ander persone onder kuratele) opgeskort sodat die verjaring nie kon loop tydens die kompetensiebeperking nie. In die literatuur en regspraak is egter heelwat kritiek teen daardie skorsingsreëling geopper. Minderjariges word immers regtens relevant deur hul ouers (of voogde) verteenwoordig en deur die aangewese kuratore. Die ratio vir die skorsing van bevrydende verjaring was dus minder duidelik. Sodanige bykomstige beskerming was oorbodig geag en dit het tot die wysiging in die nuwe wetboek bygedra.
In die nuwe kom 'n dergelike skorsingsbepaling nie meer voor nie. Dit is 'n ope vraag of die ingreep van die wetgewer, wat neerkom op die afskaffing van skorsing van die verjaringsloop, wel in alle opsigte 'n gelukkige regswysiging is. Daar is minstens drie redes om die vraag te ondersoek.
Die eerste rede vir sodanige herwaardering is dat in die laaste jare meerdere regshersieningskommissies of , ook in Suid-Afrika, hul besig gehou het met die figuur van verjaring en uitgebreide verslae die lig laat sien het. 'n Gemeenskaplike kenmerk van hierdie verslae is dat gepleit word vir 'n relatief kort verjaringstermyn vir doeleindes van bevrydende ofte wel skuldverjaring, maar dan gekoppel aan 'n sogenaamde -bepaling.
Die tweede rede is dat in ander regstelsels, byvoorbeeld die in Frankryk en in Louisiana, 'n beginsel van die Romeinse reg gehandhaaf word waarvolgens die aanvang van die verjaringstermyn mede afhanklik gemaak word van die moontlikheid vir die eiser om sy reg af te dwing teen die party wat op verjaring sal wil aanspraak maak. Die skuldeiser moet dus in staat wees om sy vordering in te stel. Teen iemand wat nie in staat is om sy vordering in te stel nie, loop verjaring nie: . Dit kom besonder na aan die ou skorsingsreël en laat dus twyfel oor die wysheid om dit juis in die Nederlandse reg af te skaf op 'n stadium wat ander regstelsels hierdie beginsel vanuit die Romeinse reg weer afstof en toepas.
Die laaste rede om die wysheid van die afskaffing van skorsing van die verjaringsverloop te ondersoek, is geleë in 'n aantal beslissings uit verskillende jurisdiksies (waaronder Nederland) wat by nadere ondersoek slegs as hoogs ongelukkig aangemerk kan word en waar die ongelukkige resultaat direk voortvloei uit die feitelike omstandighede van die potensiële skuldeiser wat ondervang sou wees met 'n toepassing van die .
In die bydrae word eers uit 'n historiese en vervolgens uit regsvergelykende perspektief die eeuoue beginsel en sy uitwerking in die regspraktyk ondersoek.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2012/1/EJC55444
2012-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error