1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Hoe goedgelowig kan die moderne mens wees? Enkele opmerkings na aanleiding van aankope per internetveiling : aantekeninge

Volume 2012, Issue 2
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract

Winskopiejagters kom in iedere gemeenskap met 'n gesonde kapitalistiese trek voor. Menige persoon droom daarvan om die objek van sy of haar drome teen 'n breukdeel van die normale prys te bekom. Nie om dowe neute nie is daar gereeld berigte van stormlope en vertrappings by buitengewone uitverkopings soos die van Woolworths en word die tradisionele winter- en someruitverkopings in Europa druk besoek.


'n Variasie op die deurwinterde uitverkopingsnuffelaar is die passievolle veilingganger. Ook in ons gemeenskap was van oudsher bekend dat dié of dáárdie persoon op iedere vendusie sy opwagting maak en saambie indien hy meen dat die saak onder die hamer 'n winskopie is. Die potensiële objekte strek van grond en vee in die landelike gemeenskap tot huishoudelike artikels en kuns by die meer verstedelikte tipes. (Hier word nie nou ingegaan op die vervat in die noem van 'n "winskoop" in een asem met die aanskaffing per veiling van 'n kunswerk nie. Juis kuns het geen objektiewe waarde nie, en die waarde is altyd dit wat die hoogste bieder daar en dan bereid is om op te dok - "pretia rerum non ex affectu nec utilitate singulorum, sed communiter funguntur" D 35 2 63 - die waarde van sake word nie volgens persoonlike gevoelens of voordeel bereken nie, maar normaalweg bereken teen die prys wat hulle op 'n veiling sou haal.) Uiteraard word die doel verpas om 'n winskopie op te snap indien in die geroesemoes van die adrenalien gedrewe opjaag van die prys deur 'n bedrewe afslaer se afspeel van een bod teen die ander, die aanvanklik heimlike bogrens as aanvaarbare prys vir die artikel oorskry word. Dan bly sit die finale bieër dikwels met 'n toegeslane bod teen 'n prys wat met die definisie van 'n winskoop niks gemeen het nie.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2012/2/EJC120607
2012-01-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error