1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Besnydenis en wilsonmondigheid â?? 'n blywende insnydende ingreep op persoonlikheidsregte : aantekeninge

Volume 2012, Issue 4
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract

Die traagheid van die vervolgingsgesag om op te tree mag pragmaties en vindingryk voorkom, maar versinnebeeld 'n ruggraatloosheid wat nie in 'n grondwetlike bestel wat hoog opgee oor sy rotsvaste waarborge van menseregte geduld mag word nie. Die effektiewe minagting van die reg deur die vervolgingsgesag se besluit om bepaalde misdade nie te vervolg nie maak die gevolglike onregmatige aantasting van die regsgoedvan die benadeelde nie minder nie - inteendeel - soos die ervaring met nievervolging van plakkers bewys het. Die opdrag van die vervolgingsgesag om bepaalde wandade nie te vervolg nie mag die skyn verwek dat die vergryp nie meer voorkom nie of as dit voorkom deur die nie-etikettering daarvan as wandaad in onbruik verval het, maar daarmee word die betrokke mens se reg nie minder geskend nie.


Enige klakkelose inbreukmaking op die persoonlikheidsregte van 'n regsubjek maak inbreuk op sy menswaardigheid as primêre mensereg. In die verband durf die regsnorme nie tweede viool speel teenoor ander normsisteme nie. Erkenning van geloofsvryheid en kulturele gebruike bied geen regverdigingsgrond vir onregmatige handelinge nie. Dit geld vir onaanvaarbare aanranding in die vorm van lyfstraf én die besnydenis van onmondiges, ook al was beide lank gebruiklik en eersgenoemde selfs in die spreuk "wie die roede spaar, haat sy kind", in die taalgebruik as liefdevolle adekwate optrede etiketteer. Die Skriftuurlike gesag vervat in 13:24 en 23:13 vir die uitdeel met die roede, ook al geskied dit in liefde, regverdig net so min as 'n vermeend liefdevolle besnydenis minagting van persoonlikheidsregte van die kind in 'n era waar meer sensitiwiteit vir sy waardigheid die norm is. Die verminking van 'n onmondige is nie (meer) sosiaal adekwaat nie.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2012/4/EJC127047
2012-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error