1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Is a class action a "classy act" to implement outside the ambit of the constitution? : artikel

Volume 2012, Issue 4
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract

In hierdie artikel word die antwoord op die vraag ondersoek of dit wenslik is om 'n groepgeding (klasaksie) buite die raamwerk van die grondwet toe te pas. Die bydrae fokus eerstens kortliks opdie posisie rakende verteenwoordigende aksies in Suid-Afrika voor die nuwe grondwetlike bedeling. Daarna word die aandag gevestig op die interim grondwet en die grondwet wat beide erkenning verleen het aan 'n groepgeding om regte verskans in die handves van menseregte af te dwing. Die verslag en aanbevelings van die Suid-Afrikaanse regskommissie van 1998 word vervolgens in oënskou geneem. Omdat dit 'n belangrike dokument vir doeleindes van moontlike toekomstige wetgewing op die terrein is, word 'n samevatting van die belangrikste aanbevelings gegee.


Hierna word 'n regsvergelykende oorsig gegee van die regsposisie betreffende groepgedinge in die leidende regstelsels in die wêreld. Die oogmerk hiermee is om vas te stel wat die algemene benadering betreffende groepgedinge in hierdie milieu is. Daar word veral aandag gegee aan die Amerikaanse federale groepgeding, die Kanadese provinsiale model van Ontario, die Australiese federale regime en verteenwoordigende aksies in Engeland en Wallis. Laastens word daar kortliks verwys na groepgedinge in Zimbabwe. Die Amerikaanse posisie word breedvoerig gereguleer deur reël 23 van die Federale Reëls van Siviele Proses van 1966. Dit reguleer sake soos vereistes vir 'n groepgeding om voort te gaan, kategorieë van groepgedinge, sertifisering van groepgedinge, kennisgewing aan afwesige lede van die groep, bestuur of administrasie van 'n groepgeding en skikking van 'n groepgeding. Groepgedinge in Ontario en die federale state van Australië word by wyse van uitvoerige wetgewing gereguleer. Beide wette was die resultaat van omvattende ondersoeke en aanbevelings van regskommissies. In beide stelsels word soortgelyke sake soos in die Amerikaanse model gereguleer maar dit geskied op 'n meer omvattende wyse. Daar word spesifiek ook aandag gegee aan die bewys van skadevergoeding. Groepgedingvoering in Engeland en Wallis geskied hoofsaaklik ingevolge 'n "group litigation order", wat deel vorm van die uitvoerige "case management system". Die uitstaande kenmerk van die proses is dat dit 'n "opt-in" stelsel is. Die wetgewing in Zimbabwe, aan die ander kant, gee erkenning aan die Amerikaanse "opt-out" beginsel. Die algemene tendens by al die stelsels is dat groepgedinge deur omvattende wetgewende maatreels gereguleer word.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2012/4/EJC127048
2012-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error