1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The constitutionality of acquisitive prescription : a section 25 analysis : artikel

Volume 2012, Issue 4
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Verkrygende verjaring word merendeels beskou as 'n area van die Suid-Afrikaanse reg wat ongekompliseerd en regseker is. Hierdie klaarblyklik onproblematiese aard van verjaring was egter in twyfel getrek deur die vierde kamer van die Europese hof vir menseregte in die -saak, welke hof bevind het dat – die -eweknie van verjaring – 'n ongekompenseerde onteiening behels wat strydig is met artikel 1 van die eerste protokol tot die Europese konvensie. Op appèl het die groot kamer die vierde kamer se beslissing omvergewerp en beslis dat in lyn is met artikel 1 deurdat dit 'n blote (grondwetlike) ontneming van eiendom behels. Nietemin, die vierde kamer se beslissing beklemtoon die moontlikheid dat verjaring in die Suid-Afrikaanse konteks ook mag neerkom op 'n ongekompenseerde onteiening, wat strydig sal wees met artikel 25 van die Suid-Afrikaanse grondwet. Om hierdie vraag te beantwoord gebruik ons die metodologie om te bepaal of verjaring strook met die eiendomsklousule.
In hierdie artikel fokus ons slegs op die artikel 25(1)-kwessie, naamlik of verjaring 'n nie-arbitrêre ontneming van eiendom behels. Hiervoor verwys ons na drie liberale sakeregteorieë om te bepaal of daar 'n genoegsame nexus tussen die ontneming (verjaring), die redes vir die ontneming en die impak daarvan op die eienaar bestaan. Hierdie teorieë is -teorie, die persoonlike outonomiteit van eienaars (tesame met die belangrikheid van die woning in konstitusionele sakereg) asook die sosiale verpligtingsnorm. Hierdie teorieë bied sterk morele en ekonomiese gronde vir verjaring, welke gronde – in ons opinie – genoegsame regverdigings bied ten einde die toets vir substantiewe arbitrêre ontneming van artikel 25(1) te bevredig. Die groot kamer se uitspraak in die Pye-saak verleen stukrag aan ons argument, aangesien daardie hof bevind het dat in terme van die Europese konvensie ook neerkom op 'n geldige ontneming van eiendom kragtens die eiendomsklousule van die Europese Unie. Die vraag of verjaring dalk onteiening – of selfs konstruktiewe onteiening – behels val buite die bestek van hierdie artikel en sal in 'n afsonderlike artikel aandag geniet.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2012/4/EJC127049
2012-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error