1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Tekenbevoegdhede van 'n senior beampte ten bate van 'n universiteit - waar bly die billikheid? : aantekeninge

Volume 2013, Issue 3
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract

Van oudsher word gewaarsku om nie alle skyn vir die werklikheid te aanvaar of alles wat opgedis word vir soetkoek op te eet nie. Die onderskeid tussen skyn en werklikheid moet deur volwasse deelnemers aan die handelsverkeer voor oë gehou word ten einde tussen goud en klatergoud te kan onderskei. Nie almal wat hulself met die titel van 'n bestuurder sier, is iets meer as die bestuurder van 'n voertuig van die firma nie en alleenstaande sê die posbenaming niks oor daardie bestuurder se gedelegeerde bevoegdheid om namens sy werkgewer regshandelinge te kan verrig nie. Dít kan slegs 'n gemagtigde met 'n omskrewe mandaat doen. Blyk by nabaat dat die vermeende verteenwoordiger geen mandaat gehad het nie, het geen kontrak gebaseer op wilsooreenstemming tussen die misleide party en die vermeende prinsipaal tot stand gekom nie. Mits egter aan al die vereistes van estoppel as verweer voldoen word, kan die estoppelontkenner verhinder word om hom op die regswerklikheid te beroep en steeds indirek dieselfde feitelike gevolge vir die suksesvolle estoppelopwerper bereik word as wat uit die beoogde kontrak sou voortgevloei het hoewel estoppel geen regsveranderende gevolge meebring nie.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2013/3/EJC138764
2013-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error