1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Moord en strafbare manslag by padsterftes
2013 2 SASV 1 (HHA) : regspraak

Volume 2013, Issue 4
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract

Die strafregtelike vervolging van motorbestuurders op aanklagte van moord weens veroorsaking van sterftes in padongelukke was tot redelik onlangs seldsaam (geen gerapporteerde beslissings kon daaroor opgespoor word nie). Geen verbod op sodanige vervolgings het egter ooit gegeld nie en teoreties is dit wel moontlik om sodanige vervolgings in te stel (sien 1969 1 SA 553 (A) 557B). Ter motivering van omsigtige benadering word die argument aangevoer dat wanneer 'n persoon aan 'n bedrywigheid deelneem wat inherent die risiko van nadeel vir ander inhou, maar terselftertyd ook sosiaal aanvaarbaar en wettig is (soos motorbestuur of goudmynbou), die besluit oor moontlike strafregtelike stappe met groot omsigtigheid hanteer moet word. Sommige skrywers gooi die aangeleentheid oor die boeg van die vraag na skuld en doen in dié verband aan die hand dat dit sou indruis teen die regsgevoel indien byvoorbeeld 'n motorbestuurder wat 'n ander se dood veroorsaak, skuldig bevind sou word aan moord (sien Whiting "Thoughts on " 1988 440 441; Hoctor 2012 398; Paizes 2013:1 6).

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2013/4/EJC144963
2013-01-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error