1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - An analysis of the legally protectable interests pertaining to language

Volume 2014, Issue 1
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


In die mate waarin die vraag na die regsbeskermingswaardige belange met betrekking tot taal aandag geniet, geskied dit grootliks op sterkte van die oortuiging dat belange rakende taal in individue setel en dat individuele regte derhalwe wesenlik toereikend is om alle belange rakende taal te beskerm. Ofskoon individuele regte in die taalkonteks ongetwyfeld belangrik is, is daar ten minste twee nie-individuele belange waarna individuele regte nie behoorlik kan omsien nie. Die eerste is die taal, in die besonder die gemeenskappe van moedertaalsprekers wie se gemeenskaplike identiteit in beduidende mate deur hul gemeenskaplike taal gedefinieer word en wat derhalwe 'n gemeenskaplike belang in hul taal het, welke belang nie individueel verdeelbaar is nie en nie na enige spesifieke individu, losstaande van ander herlei kan word nie. Die tweede belang is die , wat noodwendig in stand gehou moet word ten einde sowel individuele as gemeenskapsbelange in die taal moontlik te maak. Hierdie twee nie-individuele belange kan alleenlik toereikend deur instellings en fasiliteite geakkommodeer word, wat na hulle aard anders as individuele regte is en dit te bowe gaan. Die hoofdoel en inhoud van die onderhawige bespreking is juis om hierdie nie-individuele belange rakende taal toe te lig. Daar word gevolglik aangevoer dat:
  • taal 'n is, dit wil sê die grondslag en bestaansvoorwaarde vir bykans alle individuele regte;
  • die openbare en veral beraadslagende en besluitnemende aanwending van die taal van ten minste alle getal-gewys beduidende taalgemeenskappe in 'n staat 'n voorwaarde vir die beoefening van demokratiese politiek is;
  • tale 'n bron van sosiale solidariteit vir (taal)gemeenskappe is, dat tale gemeenskappe definieer en meer nog dat tale, in die besonder geskrewe (letterkundige) tale, gemeenskappe oor geslagte heen met mekaar in kontak hou, bind en stabiliseer en dat elke letterkundige taal gevolglik die aard van outonome transgenerasie-artefakte aanneem wat deels outonoom van enige spesifieke (lewende) generasie bestaan. Gevolglik bestaan 'n taalgemeenskap in wese in die literatuur wat sy lede oor geslagte heen opgelewer het; en
  • dat elke taal oor inherente waarde beskik en die aard aanneem van die kollektiewe intellektuele goedere van die betrokke gemeenskap en dat alle tale gesamentlik die aard van 'n kollektiewe stel intellektuele goedere aanneem wat die universele mensdom toekom.
'n Behoorlike begrip van hierdie volledige bestel van taalverwante belange is noodsaaklik vir die skep van 'n werklik toereikende taalreg-bestel.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2014/1/EJC148481
2014-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error