1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The private law, commercial law and public law contents of constitutional court orders from 1995 to 2012 (part 2)

Volume 2014, Issue 3
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract

Part 1 of this article contains paragraphs on constitutional court orders dealing with persons and family, property, succession, delict, contract, civil procedure and commercial relations. Part 2 contains paragraphs on social services and the environment, crimes, criminal procedure, constitutional matters and constitutional court practice.


Hofbevele het 'n direkte uitwerking op die lewe en verhoudings van die inwoners van 'n staat. In die hofbevele word wetgewende, administratiewe, regsprekende en private optrede ongeldig verklaar of goedgekeur. In hierdie artikel word 'n oorsig gegee van die mate waarin wetgewende, uitvoerende, administratiewe en individuele optrede vanaf 1995 tot die einde van 2012 in bevele van die konstitusionele hof ter syde gestel is en die mate waarin die hof die geldigheid van die status quo gehandhaaf het. Die oorsig bevat nie 'n ontleding van die hof se motivering vir die bevele nie. Alhoewel hierdie motivering die boustene van 'n hof se bydrae tot die ontwikkeling van 'n regstelsel uitmaak, word hierdie aspek van die konstitusionele hof se regspraak baie deeglik in die talle algemene handboeke, monografieë en artikels oor die grondwet en handves van regte in die algemeen en oor spesifieke bepalings van die grondwet ontleed.
Volgens my berekening het die konstitusionele hof ongeveer 460 aansoeke tussen 1995 en die einde van 2012 ontvang. In 110 gevalle het die hof besluit om nie die meriete van die aansoeke te oorweeg nie en ten opsigte van die oorblywende 350 aansoeke het die hof regsreëls of optrede in 179 gevalle ongeldig verklaar en in 171 gevalle bevind dat die regsreëls of optrede geldig was. Die bepalings van die grondwet en die regte in die handves word nie as uitgangspunt van die indeling van die hofbevele geneem nie. Die klassifikasie is gebaseer op verskillende regsgebiede. Sekere terreine soos die uitleg van regsreëls en die administratiefreg is gedek in die afdelings waarop die primêre uitwerking van die bevele was.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2014/3/EJC156526
2014-01-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error