1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Reflections on the South African land reform programme : characteristics, dichotomies and tensions (part 2)

Volume 2014, Issue 4
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Die oormaat en impak van rasgebaseerde grondmaatreëls, waarvan die nagevolge steeds merkbaar is, het nie net 'n herverdeling van grond en grondregte genoodsaak - soos wat gewoonlik internasionaal die geval is nie - maar het ook vereis dat die opgradering van swak regte (grondbeheerhervorming) en die herstel van grond en regte in grond (restitusie) dringend aangespreek moes word. In dié proses moes onregmatige okkupasie van grond en uitsetting ook aandag geniet. Hoewel die Suid-Afrikaanse grondhervormingsprogram enkele ooreenkomste met ander grondhervormingsprogramme toon, is dit dus in wese 'n taamlik unieke program. Suid-Afrika gee sedert 1991 oorsigtelik aan grondkwessies aandag en bedryf sedert 1994 'n indringende grondhervormingsprogram. Onvermydelik ontstaan die vrae of (a) die ingrypings oor die jare inderdaad tot 'n sinvolle, belynde grondhervormingsprogram aanleiding gegee het; en (b) of daar steeds 'n argument uitgemaak kan word dat grondhervorming moet voortgaan. Om hierdie vrae te beantwoord, word twee "interne" refleksies benodig. Eerstens moet aandag geskenk word aan die begrip "grondhervorming", gekoppel aan die uitsonderlike eienskappe van die oorhoofse grondhervormingsprogram en sub-programme, soos dit ter plaatse bedryf word. By nadere ondersoek is dit duidelik dat tweespalt en spanning inherent aan die program is. Vervolgens, gegewe die gapings, spanning en diskonneksies word die vraag ondersoek of daar steeds met grondhervorming voortgegaan behoort te word. Om reg aan beide refleksies te geskied, word die bydrae in twee afdelings onderverdeel. In deel 1 word die konsep van grondhervorming uitgelig, gekoppel aan die eienskappe van die Suid-Afrikaanse grondhervormingsprogram wat wentel om die oorsprong, struktuur, meganismes en aard daarvan. In deel 2 word die tweespalt, spanning en diskonneksies uitgelig waarna die vraag ondersoek word of grondhervorming nog sin het. Hoewel die uitdaging besonder groot is, kan daar steeds 'n argument uitgemaak word dat grondhervorming moet voortgaan, mits dit bedryf word in 'n aangepaste formaat, waardeur die gapings en diskonneksies pertinent aangespreek word. In deel 1 van die bydrae is die fokus geplaas op die begrip "grondhervorming" in die Suid-Afrikaanse konteks en die uitsonderlike eienskappe wat die program uniek maak. Ten aansien van die oorsprong van die Suid-Afrikaanse grondhervormingsprogram, sowel as die strukture, meganismes en die aard daarvan is bevind dat dit 'n omvattende program is wat toegang tot grond en herverdeling, opgradering van grondbesitregte (grondbeheerhervorming) en restitusie omvat. Die proses van grondhervorming het ook 'n uitwerking op onregmatige okkupasie van grond en uitsetting.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2014/4/EJC159998
2014-01-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error