1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Judicial case management and the adversarial mindset - the new Namibian rules of court

Volume 2015, Issue 2
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract

On 16 April 2014 a new set of civil procedure rules came into operation in Namibia. The "overriding objective" of the rules is


"to facilitate the resolution of the real issues in a dispute justly and speedily, efficiently and cost effectively by -
(a) ensuring that the parties are on an equal footing;
(b) saving costs by among others, limiting interlocutory proceedings to what is strictly necessary in order to achieve a fair and timely disposal of a cause or matter;
(c) dealing with a case in ways which are proportionate to
(i) the amount or value of the monetary claim involved;
(ii) the importance of the cause;
(iii) the complexity of the issues and the financial position of the parties;
(d) ensuring that causes are dealt with expeditiously and fairly;
(e) recognising that judicial time and resources are limited and therefore allotting to each cause an appropriate share of the court's resources, while at the same time taking into account the need to allot resources to other causes; and
(f) considering the public interest in limiting issues in dispute and in the early settlement of disputes by agreement between the parties in dispute."


In Namibië het 'n nuwe stel hofreëls op 16 April 2014 in werking getree met betrekking tot die siviele proses. Die oogmerk met die reëls is om die beslegting van die werklike geskilpunte te vergemaklik en in die proses met inagneming van billikheid jeens alle betrokkenes dié oogmerk so snel moontlik te bereik sonder onnodige vertragings en tegniese tydverspilling. Die oogmerk word nagestreef deur 'n gerigte saakbestuursprogram waarin die regters as voorsitters die beheer oor die proses neem en behou en die ontvouing van die proses nie langer aan die grille en tegniese geslepenheid van die praktisyns én die litigante uitgelewer kan wees nie.
Deur die beheer van meet af in die hande van die voorsittende regter te plaas, word die oogmerk van 'n sneller afwikkeling van die proses bereik. Regterlike beheer van die bestuur van die verloop van die proses verteenwoordig 'n grondliggende verskuiwing in die vertrekpunte van die siviele proses soos dit van ouds in die plaaslike litigasiekultuur beoefen is en ingeburger geraak het. Grondliggend is 'n wegbeweeg van die adversatiewe benadering tot die proses waar die funksies van die regter en die onderskeie regsverteenwoordigers streng afsonderlik gehou word. Sodanige wysiging vereis 'n verstelling van die ingesteldheidswissels van benewens die regters ook die betrokke regspraktisyns en hul mandante. Uiteraard bring die verstelling van die vertrekpunte 'n omwenteling in die ingesteldheid van die regters as voorsittende beamptes mee want hulle word hierdeur verplig om van meet af aktief betrokke te wees in die hele litigasiegebeure en kan nie langer hulself die "luukse" van 'n passiewe toehoorder veroorloof nie, maar sal gedwonge wees om van meet af ten volle vertroud te wees met elke moontlike faset van die litigasie en alles wat dit behels waaronder inbegrepe is die bevoegdheid om te enige tyd 'n aktiewe ingrypende rol te vervul.
Die outeur plaas in oorweging dat die Namibiese voorbeeld vir die Suid-Afrikaanse prosesreg navolgenswaardig is.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2015/2/EJC169132
2015-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error