1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Sameloop van 'n , sessie en retensieregte (deel 1)

Volume 2015, Issue 2
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract

Waaksame skuldeisers poog om hul risiko's om onverrigtersake agter die net te vis, so klein as moontlik te hou as dit kom by die invordering van die aan hul verskuldigde uitstaande prestasie van hul skuldenaars. Nieteenstaande die feit dat 'n skuldenaar met sy totale boedel aanspreeklik is vir alle uitstaande skulde, is dít 'n skrale troos vir 'n skuldeiser indien by die invordering van die skuld blyk dat die skuldenaar betalingstraag is, of nog erger, weens oorverskulding nie in staat is om al sy skuldeisers se vorderinge ten volle te bevredig nie. By só 'n dreigende sameloop van skuldeisers wat mag volg uit sodanige daad van insolvensie, is dit slegs die versekerde skuldeiser wat tot die mate waarin die waarde van sy sekerheidsreg juis ingeskat is, met enige sekerheid kan verwag om sy uitstaande vordering volledig bevredig te kry. Enige onversekerde skuldeiser loop die reële gevaar om vir lief te moet neem met 'n breukdeel van sy vordering se waarde onder die stelreël van . Naas die van oudsher sekerste vorme van sekerheid in die vorm van die verskillende saaklike sekerheidsregte soos verband- en pandregte en persoonlike sekerheid deur 'n derde as borg, kan 'n wakker skuldeiser ook sy posisie verseker deur van een van die sekerheidsregsoortige voorkeurfigure gebruik te maak soos die verhuurder of die kredietverkoper se stilswyende hipoteke of die terughoudingsbevoegdheid van die retentor.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2015/2/EJC169133
2015-01-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error