1887

n Journal for Juridical Science - Thomas Aquinas oor die aborsie-debat en die Kerk

Volume 32, Issue 2
  • ISSN : 0258-252X
USD

 

Abstract

Die gedagtewisseling van Thomas Aquinas en die kerk bied 'n omvattende oorsig vir 'n implementering van die waardigheid van menslike lewe. Die resultaat van sodanige gedagtewisseling veroorsaak dat die kerk elke bedreiging van die menslike lewe vanaf die oomblik van konsepsie teenstaan. Die bedreiging van menslike lewe is die felste by die beginpunt van lewe - op daardie tydstip waarby dit op sy weerloosste is. Dit is vóór geboorte. Dit is op daardie oomblik waarop die mens totaal van die welwillendheid en sorg van ander afhanklik is. Die kerk poog om 'n bewuswording van 'n "kultuur van lewe" in die menslike samelewing te laat posvat. God het, deurdat Hy die menslike siel geskape het, die mens sodoende met goddelikheid beklee. Menslike lewe het daarom 'n gewyde en onskendbare eienskap. Die onskendbaarheid van menslike lewe wat in die Middeleeue gevestig is, word vandag in die Suid-Afrikaanse Grondwet gewaarborg. Die onskendbaarheid van menslike lewe waarborg ook die gelykheid van almal voor die reg, ook dié van die fetus. Indien skending van sodanige reg plaasvind, sal dit verrykende gevolge vir die menslike samelewing inhou. Die mens en die samelewing staan onder die verpligting om lewe te respekteer. Dit druk die mens se verhouding tot die naaste uit : en dit geld vanaf die oomblik van konsepsie tot by volwassenheid. Die fetus is ook die naaste en sy of haar regte moet net soos dié van elke ander mens gerespekteer word.


Thomas of Aquino's exchange of ideas and the church present an exhaustive overview for the implementation of the dignity of human life.The result of such an exchange of ideas causes the church to oppose every threat to human life from the moment of conception. The threat to human life is most intense at the point where life begins - at that stage where it is at its most defenceless. It is, for example, pre-natal. It is at this moment when humans are totally dependent on the goodwill and care of others. The church attempts to have an awareness of a "culture of life" take hold in civil society. By having created the human soul, God clothed humans in godliness. Human life, therefore, has a sacred and inviolable quality. The inviolate quality of human life is guaranteed by the Constitution of South Africa. It guarantees the equality of all in law, also that of the foetus.Should there be any violation of this right, it would have far-reaching implications for political civil society. Humankind is obliged to respect life. It expresses humankind's relationship to fellow-man : and it is valid from the first moment of conception through to adulthood. The foetus also is a fellow human being and his or her rights should be respected just as the case would be with every other human being.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/juridic/32/2/EJC55584
2007-12-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error