1887

n Die Kerkblad - Weereens - Die Bybel en die wetenskap : briewe

Volume 117, Issue 3286
  • ISSN : 0023-0596
This is currently unavailable for purchase.

 

Abstract

By die lees van verskeie artikels in van Oktober het dit my opgeval dat die tyd miskien ryp geword het om weereens te kyk na die onderwerp: Die Bybel en die wetenskap. Aan die een kant lees ons van die "Nuwe Hervorming Netwerk" en die siening van die "verligte mens" op die Bybel en op die nuwe bevindings van die wetenskap en hoe dit ons siening van die lewe op aarde beïnvloed. Aan die ander kant lees ons van die nuwe benadering ten opsigte van die opvoeding van die opkomende geslag met die inagneming godsdiensonderrig teenoor die nuwe "menseregte". In die verlede was daar tye waar die kerk met die wetenskap gebots het en tweede-beste daarvan afgekom het. Die wetenskap het verkondig dat die son nie om die aarde draai nie maar dat die teenoorgestelde waar was. Die kerk het die fout gemaak om uit die Bybel te probeer bewys dat die wetenskap verkeerd is omdat die Bybel vertel dat dit plat is en op pilare rus. Het die kerk dan gedwaal? Sekerlik nie, maar hulle het twee foute gemaak. Hulle het nie in ag geneem dat die Bybel gerig is op die mens op aarde en hoe hy dinge van die aarde af waarneem nie, en in die tweede plek het hulle die Bybel probeer bewys soos die wetenskap sy bevindinge probeer bewys. Hulle het nie in ag geneem dat die Bybel nie vra om bewys te word nie maar om nederig, kinderlik in die geloof aanvaar te word, bloot op die gesag daarvan en dan ook in en deur die Heilige Gees.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/kerk/117/3286/EJC162957
2014-12-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error