1887

n Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap - Radelose opstandelinge wat nie redeloos was nie
Radelose rebellie?, Albert Grundlingh & Sandra Swart : resensies

Volume 74, Issue 3
  • ISSN : 0023-270X
USD

 

Abstract

Die Rebellie van 1914 het oor die jare wisselende aandag van sowel Afrikaans- as Engelssprekende historici in die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing geniet. In die tydperk van Afrikanermobilisasie en -heerskappy is die Rebellie, naas die Groot Trek en die Anglo-Boereoorlog, deur Afrikanernasionaliste uitgebeeld as 'n uitstaande heroïese moment in die geskiedenis van die Afrikanervolk met heldeverering vir die Rebelleleiers en Jopie Fourie as 'n martelaar vir die Afrikanersaak. Mettertyd is die verhaal van die Rebellie opgeneem in die groter Afrikanernasionalistiese diskoers. Dit is deur Afrikaanse historici vertolk as die vonk wat die Afrikaner se republikeinse onafhanklikheidstrewe, wat in 1902 tydelik gestuit is, laat herleef het. Sedert die oorgang na 'n nuwe politieke bedeling in die negentigerjare van die vorige eeu het belangstelling in die Rebellie as tema van historiese studie herleef. Hoewel die meeste resente publikasies daaroor steeds vanuit 'n tradisionele Afrikanernasionalistiese perspektief geskryf word, het alternatiewe sienings van die Rebellie na vore gekom, waarin die "meesternarratief" van die Rebellie as 'n baken op die pad van Afrikanernasionalistiese republikanisme bevraagteken word.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/koers/74/3/EJC59422
2009-01-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error