1887

n Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap - of ? 'n Christelik-filosofiese reaksie op 'n hedendaagse idee van die mens as primêr spelende in plaas van antwoordende wese : original research

Volume 78, Issue 2
  • ISSN : 0023-270X
USD

 

Abstract

In hierdie artikel word die kontras tussen 'n kontemporêre idee van die mens as primêr 'n spelende wese () en die Bybelse visie op die mens as in die eerste plek 'n antwoordende wese () bekyk. Ter inleiding word die leser oorsigtelik bekendgestel aan die groot verskeidenheid mensbeelde wat die westerse denke reeds opgelewer het. Hierdie oorsig sluit die hedendaagse, postmoderne karakterisering van die mens as homo ludens in. Vervolgens word 'n kort verduideliking gegee van hoe 'n reformatoriese filosofie die mens as multidimensionele religieuse wese beskryf. Hierdie denkrigting verwerp alle eensydige 'ismes', wat menswees slegs na aanleiding van een (of twee) van die fasette daarvan probeer definieer en alle ander aspekte tot die verabsoluteerde een wil reduseer. Die vraag word gestel of daar nie 'n omvattende term gevind kan word om vanuit 'n Christelik-filosofiese perspektief menswees te beskryf nie. Die suggestie dat die mens basies 'n antwoordende wese is, is reeds deur ten minste drie Christelike filosowe gemaak. Matteus 11 (waarin die spelende en antwoordende mens gekontrasteer word) dien vervolgens as voorbeeld van so 'n idee wat algemeen in die Skrif gebruik word. Aangesien hierdie artikel bedoel is as huldeblyk aan professor Ponti Venter, word in die slotgedeelte daarop gewys hoe ook die jubilaris, op pad na sy sewentigste verjaarsdag, in sy lewe en publikasies die gedagte van die mens as vergestalt het.


In this article the contrast between a contemporary view of the human being as primarily a player () and the biblical view of a responding being () is investigated. The contribution develops as follows. The reader is first provided with an overview of the multiplicity of anthropologies developed in the course of western philosophy. This overview includes the contemporary, postmodern characterisation of the human being as structurally a . This is, in the second place, followed by a brief exposition of how a reformational anthropology regards the human being as multidimentional and religious in nature. It therefore rejects all kinds of 'isms' which one-sidedly try to explain human nature from only one (or two) of its many facets, reducing all other aspects to the one absolutised. The question is then asked whether, from a Christian-philosophical perspective, a more comprehensive, directional concept should not be used to describe who a human being is. Such an embracing idea may be that humans can basically be defined as answering creatures. Matthew 11 (where the two concepts of a and stands in sharp contrast) serves as example of the fact that the idea of a is employed generally in the Bible. Since this article is a tribute to Professor Ponti Venter, the concluding part indicates how also the jubilaris, approaching his seventieth birthday, in his life and publications embodied the idea of a .

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/koers/78/2/EJC146951
2013-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error