1887

n Lexikos - Basic problems of learner's lexicography : on learners' dictionaries

Volume 14, Issue 1
  • ISSN : 1684-4904
USD

 

Abstract


Oor die algemeen ly aanleerderswoordeboeke onder die feit dat die leksikografie as 'n subdissipline van die linguistiek behandel is en nie as 'n onafhanklike dissipline nie en dat, ooreenkomstig, geen ernstige pogings aangewend is om 'n algemene teorie van aanleerderswoordeboeke binne die algemene teorie van die leksikografie te ontwikkel nie. So 'n teorie moet ongetwyfeld ontwikkel word met die teorie van leksikografiese funksies as basis. Die aanleer van 'n vreemde taal is 'n komplekse proses en selfs die konsep van 'n aanleerder is geensins duidelik nie. Woordeboeke kan bedink word om die aanleerder met verskillende aspekte van die taalaanleerproses te help. Gevolglik kan ten minste vier hooffunksies van 'n aanleerderswoordeboek, wat ooreenstem met die volgende gebruikersituasies, onderskei word: teksresepsie in die vreemde taal, teksproduksie in die vreemde taal, bewuste studie van die leksis van die vreemde taal en bewuste studie van die grammatika van die vreemde taal. Aanleerderswoordeboeke moet dus nie as 'n besondere soort woordeboeke beskou word nie, maar vorm 'n meer algemene kategorie wat verskillende soorte aanleerderswoordeboeke volgens hul funksies of kombinasie van funksies insluit. Die groot uitdaging vir die aanleerdersleksikografie is om woordeboeke te bedink en te maak wat die aanleerder help met soveel aspekte van die taalaanleerproses as moontlik.

In general, learner's dictionaries suffer from the fact that lexicography has been treated as a subdiscipline of linguistics and not as an independent discipline and that, correspondingly, no serious efforts have been made to develop a general theory of learner's dictionaries within the general theory of lexicography. Such a theory must undoubtedly be developed on the basis of the theory of lexicographic functions. Foreign language learning is a complex process and the very concept of a learner is in no way unambiguous. Dictionaries can be conceived to assist the learner in different aspects of the language-learning process. Accordingly, at least four main functions of a learner's dictionary can be distinguished corresponding to the following user situations: text reception in the foreign language, text production in the foreign language, conscious study of the foreign- language lexis and conscious study of the foreign-language grammar. Learner's dictionaries are, thus, not to be considered a special type of dictionaries, but constitute a more general category including various types of learner's dictionaries according to their functions or combination of functions. The great challenge to learner's lexicography is to conceive and compile dictionaries that assist the learner in as many aspects of the language-learning process as possible.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/lexikos/14/1/EJC60488
2004-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error