1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - 'n Ondersoek na 'n werkswyse : die herskryf van 'n komplekse Afrikaanse roman na 'n draaiboek

Volume 31, Issue 2
  • ISSN : 0258-2279
USD

 

Abstract

Min Afrikaanse films word deesdae vervaardig. Hiervoor kan verskeie moontlike redes wees, waarvan een moontlik die feit is dat daar min Afrikaanse draaiboeke verskyn. Daar is wel heelwat goeie, en moontlik verfilmbare Afrikaanse romans wat as draaiboeke herskryf kan word.


Hierdie artikel toon die werkswyse aan wat deur 'n aspirant Afrikaanse draaiboekskrywer gevolg is om die Afrikaanse roman, "Die swye van Mario Salviati" van Etienne van Heerden, as 'n draaiboek te herskryf.
Die doel van hierdie herskrywingsproses was om 'n bepaalde skryfmetode te ondersoek wat deur draaiboekskrywers gebruik kan word om 'n Afrikaanse roman as 'n draaiboek te herskryf. Hierdie ondersoek het gelei tot die praktiese herskrywing van 'n roman as 'n draaiboek, en sodoende kon die draaiboekskrywer "leer deur te doen". Die onderskeie fases van die ondersoek en herskrywingsproses word in die artikel bespreek en die geskiktheid van die betrokke skryfmetode word ook beoordeel.


Very few Afrikaans films are currently being produced. One of the possible reasons for this phenomenon could be that very few Afrikaans screenplays are written nowadays. There are, however, some good Afrikaans novels which could conceivably become commercially successful films, provided they were properly adapted into screenplays.
In this article, the methodology that was used by an aspiring Afrikaans screenwriter to adapt the Afrikaans novel, "Die swye van Mario Salviati", by Etienne van Heerden, into a screenplay, is discussed.
The purpose of this study was to investigate a particular writing method that can be used by screenwriters to adapt an Afrikaans novel into a screenplay. The investigation included a practical application, giving the writer an opportunity to test the validity of the methodology. The various phases of the investigation and the adaptation itself are discussed in the article, and the efficacy of the methodology is evaluated.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/31/2/EJC62145
2010-08-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error