1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - Om te skryf oor die onbeskryflike : verlies en mistieke verlange in van Marlene van Niekerk : original research

Volume 33, Issue 2
  • ISSN : 0258-2279
USD

 

Abstract

Die vier verhale in van Marlene van Niekerk bevat elk 'n 'narratiewe betoog' oor die sin van kuns en lewe. Die artikel handel oor die rol wat mistiek in hierdie 'betoog' speel. Daar bestaan te veel verskillende verskyningsvorme van die mistiek om 'n omvattende definisie daarvan te gee, maar daar word wel op 'n aantal kenmerke van die mistiek gewys wat in seminale studies genoem word. Mistiek word onder andere gekenmerk deur eenwording met die Absolute - 'n ervaring wat nie in woorde weergegee kan word nie. Mistiek, soos trauma, word gekenmerk deur die verbrokkeling van 'n bekende wêreld. Beide verskynsels is oorweldigende ervarings wat nie in konvensionele taal weergegee kan word nie. In word trauma, mistiek en kreatiwiteit met mekaar verbind. Die sentrale verhaalkarakters gaan deur 'n traumatiese proses waarin afskeid geneem word van die bekende alledaagse werklikheid en gesoek word na 'n mistieke werklikheid, suiwerder as die alledaagse. In die betreding van hierdie werklikheid word die kreatiewe persoon bevry van konvensionele denke en taal en soek sy of hy na die 'so-syn van dinge'. Dit is 'n liminale reis wat in drie fases verloop: Dit begin met die vertrek uit die samelewing, wat lei tot transformasie en uiteindelik tot 'n terugkeer met die vrugte van die kreatiewe proses.


The four stories in by Marlene van Niekerk all contain a 'narrative argument' about the meaning of life and art. The article is about the role of mysticism in the 'argument'. It is impossible to give an exhaustive definition of 'mysticism', but some characteristics mentioned by seminal studies on mysticism are mentioned. At the heart of mysticism, there seems to be a union with the Absolute - an indescribable experience. Mysticism, like trauma, shatters the world in its familiar guise; both phenomena are overwhelming, and they cannot be expressed by conventional language. In , we find a connection between trauma, mysticism and creativity. The main characters go through a traumatic process in which they take leave of their familiar worlds, in search of a mystical reality, more pure than the reality of every day. By entering this 'higher' reality, the creative person is liberated from conventional language and thought and starts to penetrate into the essence of things. It is a process with a liminal structure developing in three stages: It begins with the departure from the familiar world, which leads to transformation and finally to a return with the fruits of creativity.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/33/2/EJC129517
2012-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error