1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - en die idiolek van Elsabe Steenberg : original research

Volume 35, Issue 2
  • ISSN : 0258-2279
USD

 

Abstract

Elsabe Steenberg se oeuvre, wat onder meer bestaan uit 42 verhale in boekvorm, het 'n ryk tekstuur en opvallende diepte aan lewensinsig. Dit is duidelik dat, vanuit 'n intertekstuele oogpunt beskou, die oorweging van haar hele oeuvre 'n wyse kan wees om aspekte van haar idiolek te akkumuleer en te ondersoek. Hierdie idiolek kan egter ook, nadat al haar werk oorsigtelik of in diepte ondersoek is, uit die lees van een verteenwoordigende werk uit haar oeuvre aangetoon word. Die teks wat gekies is vir die doel van hierdie artikel is 'n jeugverhaal waarin die boomsimboliek gemanifesteer word in verskeie semantiese permutasies wat bydra tot die teksinterne lewensvisie - , ook in Engels beskikbaar onder die titel . Die boom as objek en hoe dit in die verhaal funksioneer om deel te word van die tema en die grondliggende lewensvisie in hierdie jeugverhaal, kan tot in die fynste besonderhede ondersoek word indien die doel is om dikwels herhalende tekens te vind wat as verteenwoordigend van die idiolek van die outeur beskou kan word. Die gebruik van die boomsimboliek in die verhaalwêrelde van Elsabe Steenberg dui op een van die belangrikste tekens wat bydra tot haar idiolek: God is die Oorsprong en die Krag in die geheel van haar lewe en werk.


Elsabe Steenberg's oeuvre, consisting among others of 42 narratives in book format, is richly textured and represents a notable depth of insight into the complexities of life. It is clear that, from an intertextual point of view, considering the entire body of her work is a way of accumulating evidence in order to discern aspects of her distinctive idiolect. This idiolect, however, also emerges when contemplating a representative work from her oeuvre. The text selected for this article, a youth novel in which the symbolism of trees manifests itself in various semantic permutations, communicating the author's intrinsic life and world view, is , also available in English under the title . The tree as object and how it functions in the narrative to become part of the theme, as well as the vision of life in this youth novel, can be scrutinised minutely if the effort is aimed at finding frequent recurring signs that may be regarded as representative of the author's idiolect. The use of the tree symbolism in the narrative worlds of Elsabe Steenberg points toward the most prolific sign contributing to this author's idiolect: God is the Origin and the regenerating Force in the universe of Elsabe Steenberg's life and work.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/35/2/EJC163791
2014-01-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error