1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Populêre filosofie en die Nuwe Testament : godsdienswetenskappe

Volume 11, Issue 1
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Onlangse navorsing het bevestig dat Paulus en ander Nuwe-Testamentiese skrywers van idees en praktyke gebruik gemaak het soortgelyk aan dié wat in tydgenootlike filosofiese tradisies aanwesig was. Dit is egter problematies om hierdie idees en praktyke na spesifieke tradisies soos die platonisme of stoïsisme terug te voer. Die bron van hierdie filosofiese invloede moet liewer in populêre filosofie gesoek word. Populêre filosofie word egter dikwels te eng opgevat, naamlik dat dit hoofsaaklik van die sinisme of stoïsisme afkomstig is en deur openbare toesprake of pseudepigrafiese briewe verbrei is. Verskeie ander soort tekste kan uitgewys word wat in verskillende filosofiese tradisies ontstaan het, wat die stoïsisme, platonisme, pitagorisme en die peripatetiese tradisie insluit. Hierdie tekste is óf bewustelik met die oog op 'n algemene, niegespesialiseerde groep lesers geskryf, óf hulle was minstens vir 'n breër leserspubliek toeganklik eerder as slegs vir lesers wat tot 'n spesifieke filosofiese groepering behoort. Die filosofiese idees en topoi wat deur sodanige tekste oorgedra word, kan as populêre filosofie beskryf word omdat hulle nie die leerstellinge van 'n enkele filosofiese skool verteenwoordig nie. As ons sulke populêr-filosofiese tekste met Pauliniese en ander Nuwe-Testamentiese tekste vergelyk, vind ons dat hulle filosofiese topoi gemeen het wat oor verskillende filosofiese tradisies verbrei is. Die gevolgtrekking is dat die oorsprong van hierdie filosofiese elemente in die Nuwe Testament waarskynlik eerder populêre filosofie as 'n spesifieke filosofiese skool is.


Recent scholarship has established that Paul made use of ideas and practices similar to those found in contemporary philosophical traditions. The question is where such ideas and practices in the New Testament came from. It is problematic to trace these ideas and practices back to specific traditions like Platonism or Stoicism. I suggest that we should rather look at popular philosophy as source for such philosophical influences.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/11/1/EJC151155
2014-03-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error