1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Beelde van gebrokenheid : 'n verdere verkenning en uitbreiding van die gebroke-kosmos-tradisie : godsdienswetenskappe

Volume 11, Issue 2
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Die gebroke-kosmos-tradisie in die skilderkuns word deur Dirk van den Berg (1984:51) beskou as die rykste en mees ontslote wêreldbeskoulike en artistieke tipe wat histories meestal uit 'n selfbewuste Christelike oortuiging gegroei het. 'n Christelike perspektief het tot dusver beperkte toepassing gevind in die kunsteorie. Calvin Seerveld het die grond vir navorsing vanuit hierdie gesigspunt gevestig deur sy ontwikkeling van 'n ikonotipiese metodologie vir die kunsgeskiedskrywing, die belangrikste bron vir die begrip van ikonotipiese formate. Dit is plaaslik veral uitgebrei deur Dirk van den Berg en in hierdie artikel word dit as metode gebruik.


Seerveld stel voor dat die kunsgeskiedenis langs diakroniese, sinkroniese en perkroniese asse verken kan word. 'n Diakroniese benadering fokus op betekenisvolle veranderinge in die historiese gang van kuns en van die aard van visuele beelde of voorstellings. Binne die algemene aansluiting by die tydvak waarbinne hulle werk, bestaan gelyktydige, maar teenstellende, partyskappe wat uiteenlopende standpunte sinkronies kan akkommodeer. Die term word deur Seerveld gebruik om die deurlopendheid of herhalende terugkeer van ikonotipiese formate, of verbeeldingryke wesenstrekke wat vasgelê is in die historiese gang van wêreldbeeldtradisies, aan te dui. Hy onderskei onder meer die ikonotipiese gebroke-kosmos-tradisie waarop ek in hierdie artikel fokus.
Tradisies funksioneer nie binne vasgestelde patrone nie, maar is dinamies, met die gevolg dat verskillende rypings, migrasies, verrykinge en dialoog binne en tussen tradisies moontlik is. Hierdie dinamika bepaal die veld van my ondersoek. Ek gee ook aandag aan verskille tussen die mistieke tradisie en die gebroke-kosmos-tradisie, wat beide erkenning aan gebrokenheid gee. Die artikel in sy geheel is 'n demonstrasie daarvan dat na kuns gekyk kan word uit 'n godsdienstige perspektief wanneer Seerveld se voorstel van 'n gebroke-kosmos-tradisie as uitgangspunt geneem word. Wanneer uit 'n basiese gebroke-kosmos-standpunt na ander tradisies gekyk word, kan 'n blywende vermenging van gesigspunte moontlik wees, soos by Goya se basiese gebroke-kosmos-benadering wat versmelt met 'n ewe grondige pikareske perspektief in sy werk.


The troubled cosmos tradition developed from a self-conscious Christian conviction, a perspective which, up to today, has had limited application in art historiography. Calvin Seerveld established a foundation for research through his development of a typiconic methodology for art historiography that was locally extended by Dirk van den Berg. Seerveld suggested an understanding of art history through diachronic, synchronic and perchronic capacities. A diachronic approach will focus on meaningful changes in the historical progress of art and the nature of visual images or presentations. The work of artists is also shaped and coloured by the diachronic epoch in which they work. Within these general epochs, opposing but simultaneous factions exist which can be synchronically accommodated. Seerveld (1993) suggests that a period need to be read not as a one-line Gregorian chant melody, but as a symphonic score.
He coined the term to identify the continuous or repeating return of typiconic formats through different epochs and identified the as one of these formats. Other perspectives include the paradigmatic, mystic, picaresque, erotic, idyllic, scenic and heroic formats. Traditions do not function within set parameters, but are subject to change. The dynamics of the troubled cosmos tradition are extended in this article with reference to migration by conversion and maturation within and between traditions, by various perchronic relationships, by the possibilities of typiconic enrichment through different traditions and the extension of dialogue between traditions - "as historian you are trying to track the traces, the footprints, of the 'many trails' they make" (Seerveld 1993:63).

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/11/2/EJC157504
2014-08-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error