1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Die voormoderne en moderne tyd se stryd vir vrygeskepte skone kuns : geesteswetenskappe

Volume 11, Issue 3
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Hierdie artikel is daarop gemik om in 'n tyd van groeiende teenkanting teen vryheid van uitdrukking daartoe by te dra om 'n ruimte vir aweregse, vrygeskepte kuns oop te hou. Dit word gedoen deur ons geheue te verfris oor 'n ander tyd en 'n ander plek toe so 'n ruimte oopgeveg is, naamlik die stryd wat rondom die Europese en Amerikaanse voormoderne en moderne kuns gevoer is. Die bespreking toon aan hoe daar tóé binne die onderskeie hegemoniese ideologieë vir en teen vrygeskepte kuns geargumenteer is en dat vrygeskepte kuns toe geensins 'n vanselfsprekendheid was nie. Sodoende rig hierdie bespreking 'n waarskuwing dat vrygeskepte kuns ook nie vandag as vanselfsprekend aanvaar moet word nie. Verder word daar ook tot die slotsom gekom dat die "foutiewe" konstruksie van outonome skone kuns 'n ruimte vir vryheid van uitdrukking geskep het en dat dit een van die take van die postmodernisme is om hierdie ruimte te troetel sonder om ons tot essensialistiese argumente te wend. Die spesifieke historiese hegemonieë wat onder die loep kom en waarvan daar 'n bestekopname gemaak is, is die liberale humanisme, die Westerse paramarxisme, die kapitalisme, kuns ter wille van die kuns, die ideologiekritiek, die totalitarisme en die konserwatisme.


Certain recent events in South Africa indicate an increased intolerance towards freedom of expression. Consider the threats of censorship against political cartoonist Zapiro (Jonathan Shapiro); the new law for the protection of information; the hostile response to Brett Murray's painting of Jacob Zuma; and the "ethical clearance" that is required nowadays before academics may conduct research. The indications are that a tough battle lies ahead for keeping open a space for dissident and challenging free expression. The aim of this article is to contribute to this battle.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/11/3/EJC164193
2014-12-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error