1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - 'n Nuwe bedeling, 'n ou bewussyn : die verhale van 'n lyfeiene : geesteswetenskappe

Volume 11, Issue 3
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Ons era word wêreldwyd gekenmerk deur betogings, opstand, stakings en burgerlike verset. Ook in Suid-Afrika gaan min weke verby sonder protesoptredes, arbeidsonrus en verset teen misbruik en uitbuiting. Dis deels toe te skryf aan 'n ontwikkelde sin vir menseregte en 'n wye reeks vryhede. Tog is dit waar dat nie almal hulle vereenselwig met en meedoen aan optredes soos voorgestel deur die propagandiste van verset en oproer nie. Dit lyk selfs op die oog af of sommige van die wat hulle weerhou van openlike protes en betogings, onderdrukking of uitbuiting as deel van die daaglikse werklikheid aanvaar. Hierdie artikel plaas die soeklig op 'n enkele individu en sy lewensverhale. Die verhale word geplaas teen die agtergrond van die sosiale struktuur waarbinne hy sy leefwêreld beleef. Die lig val op hom as deelnemer aan 'n dinamiese proses wat sigself afspeel binne die teenoormekaargestelde pole van solidariteit en verdeling, vryheid en onderdrukking, mag en magteloosheid, kapitaal en armoede, ondergeskiktheid en gelykheid. Binne die raamwerk van 'n kwalitatiewe benadering is die epistemologiese implikasie dat dit moontlik is om sy belewing van die sosiale struktuur bloot te lê deur middel van sy persoonlike verhale.

In many parts of the world narrative accounts of the everyday are embedded in contexts of crisis and change, of revolution and uprising. Often these are the narratives of the youth, the workers and those negotiating power. These accounts convey the energetic passion of individuals as well as the cumulative urge released by incitement in groups. The precise nature and underlying dynamics of the international crises and revolutions may differ, but similar elements link these situations. The most important common denominator is the highly developed sense of human rights in the contemporary world. The article starts off by briefly focusing on predominantly young activists who voiced their rejection of domination, poverty and exclusion. Voices raised in London, Birmingham, Manchester, Paris, Cairo, Tunis, Tripoli, Algiers, Lagos, Bakamo, Khartoum, Mogadishu and Marikana tell a story of people who believe that anarchy and resistance in any form are acceptable. But not all are prepared to join uprisings and challenge oppressors. In all societies undergoing transition and revolution there are those who do not participate in the riots and the protests. It might even seem as if this group accepts oppression as part of their everyday reality. This article focuses on these people who do not join in when the protests get going, who seem to accept suppression as part of everyday life.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/11/3/EJC164203
2014-12-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error