1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Grootgroeponderrig ter wille van die verhoging van onderwysproduktiwiteit in hoër onderwys : opvoedkunde

Volume 11, Issue 3
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Universiteite in Suid-Afrika en elders in die wêreld is onder druk weens sekere eksterne neigings, soos die huidige tydgees van nadruk op prestasie, effektiwiteit en produktiwiteit (), bestuur van byvoorbeeld opvoedingsinstansies asof hulle sakeondernemings is (), klem op dit wat werk en effektief is (), op wat nuttig en bruikbaar is () en die neiging om almal toe te laat om byvoorbeeld hoëronderwysinstansies by te woon, al is hulle nie noodwendig goeie kandidate vir opleiding op daardie vlak van onderwys nie (). Universiteite ondervind voorts dat hulle baie van hulle selfstandigheid as samelewingsverbande verloor het. Hulle staan naamlik onder die beheer en toesig van staatsdepartemente wat 'n goeie rendement wil hê op die geldelike toekennings wat aan die universiteite gemaak word. Hoewel universiteite en dosente poog om hierdie uitdagings positief te bestuur, is hierdie kragte oorweldigend; daarom moet dosente maniere vind om te midde van hierdie omstandighede hulle roeping as geleerdes/vakkundiges () uit te leef en ook om hulle studente te ondersteun om tot volronde mense te ontwikkel. Een van die maniere wat bedink is om die eksterne tendense op 'n positiewe manier te hanteer, is die inskakeling van 'n grootgroeponderrigstrategie (GGOS). Hierdie artikel handel oor die (voor)teoretiese grondslae van die GGOS, die rasionaal vir die implementering daarvan en die resultate wat daarmee bereik is en kan word. Dit blyk dat die GGOS inderdaad lei tot meer produktiewe onderrig en dat hoewel hierdie praktyk in die hande van die prestasie- en uitsetbeginsel () werk, dit tog tyd vry maak vir dosente om meer aandag aan hulle eie ontwikkeling tot akademiese geleerdheid te bestee. Die strategie bied ook aan studente die geleentheid om hulself as goedgevormde mense en potensiële akademici te ontwikkel.

Universities in South Africa and elsewhere in the world find themselves in a difficult situation. On the one hand, they (are expected to) strive towards displaying the typical image of the "classical" university, i.e. to be bastions of academic scholarship, and on the other, they are compelled to submit to an assessment system that is typical of modern management approaches and strategies. This trend can be partly ascribed to an effort to meet the demands of ever increasing numbers of students and the tacit expectation that universities should be managed like effective profit-making businesses. Government, as the primary funder of public universities, tends to prescribe the programmes that universities have to offer, how funds should be spent, and the qualitative and quantitative outputs expected. Universities in South Africa and elsewhere are expected to perform (performativity), to be productive, to be managed as businesses (managerialism), focusing on what works and what is effective (pragmatism), to be useful (utilitarianism), while also accommodating ever increasing numbers of students (massification). In due course, universities came to realise that they had lost much of their independence as a result of the control and supervision of external forces in exchange for financial support.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/11/3/EJC164205
2014-12-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error